Tafelberg: 581 books

Cover of Wat die hart begeer
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2016

’n Skenkerhart gee Mienke Langeveldt ’n tweede kans op die lewe. Maar sy kan dit nie ten volle geniet nie, want sy het per ongeluk uitgevind wie die vrou was wat moes sterf sodat sy kon lewe: geliefde aktrise Sheralize Myburgh wat saam met haar man, Franco Greeff, in ’n gewilde sepie gespeel...
Cover of Droomdokter
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2011

Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy’s darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie ná sy deur...
Cover of Bosveldliefde vir Jemma
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

Jemma het niks lus om haar vakansie op te offer om vroedvrou vir die sterre te speel nie en sy weier volstrek toe dokter Reuben Stiller haar nader om pop-ikoon Kaydee se eersteling op haar bosveldplaas te vang. Jemma is geen dokter se handlanger nie, dankie, daarvoor is sy gans te onafhanklik. Sy...
Cover of Lang pad na liefde
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: November 25, 2014

Vroedvrou Anouk doen dinge op háár manier. Sy maak al jare lank haar dogtertjie alleen groot, so al rondreisend van die een Overstrandse kampeerterrein na die ander, en selfs as Anouk snags moet uitgaan na ’n geboorte kom sy en klein Skyla goed reg, dankie. Sy’t g’n ’n man nodig nie. Maar...
Cover of Altyd die verkeerde man
by Elsa Hamersma
Language: Afrikaans
Release Date: August 11, 2009

Ebbie Basson se hart is gebreek; haar jarelange verhouding het pas verbrokkel. Daarom gryp sy die geleentheid aan om ’n gholflandgoed wat op Kransbaai aan die Weskus ontwikkel gaan word, te bemark en te verkoop. Want Eddie is ’n eiendomsagent wat sterk voel oor bewaring.Die ontwikkelaar is die...
Cover of Sag fluister my hart
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2016

As hoof van die Blanchet-meisieskool word daar van Sandri Blanchet verwag om haar waardig te gedra. Maar toe sakeman Marko Waalstra by haar kantoor inbars en haar van allerhande dinge beskuldig, kap Sandri besonder ónwaardig terug. Die vent weet hoe om haar verkeerd op te vryf. En tog kan sy nie...
Cover of Beminde vreemdeling
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2011

Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en dié se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd...
Cover of Schalkie van Wyk Keur 12
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

In Lokstem van die liefde spat Louise Barnard se wêreld aan skerwe wanneer sy besef dat Eben Griesel nie van plan is om met haar te trou nie – hy wil bloot hê dat hulle moet saambly. Sy gee pad uit Johannesburg na die huis wat haar ma van tant Ragie de la Rey op Rheedersdorp geërf het. Maar Louise...
Cover of Schalkie van Wyk Keur 6
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat...
Cover of Die landheer van Koningshof
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2017

Erika Strauss het klaar studeer en wil begin om sielkunde te praktiseer, maar skielik is haar eie psige vir haar ’n raaisel. Dis die aantreklike donkerkopman wat sy in die bure se tuin aangetref het wat haar kop so deurmekaarkrap. Wat sou haar besiel het om die wildvreemde man te soen en dit boonop...
Cover of Ruiter van my drome
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het. Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in ’n gekrokte viertrekvoertuig, en ’n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly...
Cover of Schalkie van Wyk Keur 13
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: October 6, 2016

In Môre bring ’n nuwe daeraad kry Lelani Wessels ’n uitnodiging na Huis Daeraad op Stadlerheim wat bewoon word deur Roland Stadler – die donker man met die geletselde gelaat wat hom voorgeneem het om nooit weer lief te hê nie. Maar op ’n dag raak hy aan Lelani se hand en hulle besef albei...
Cover of Iemand soos jy
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Elzeri Odendaal het by haar oupa Gideon en ouma Beth grootgeword omdat haar ma haar as baba aan haar grootouers gegee het en haar pa kort voor haar geboorte in ’n ski-ongeluk gesterf het. Haar ma is skaars ’n jaar later weer getroud, en het haar dogter deur die jare nooit opgesoek nie. Elzeri...
Cover of Schalkie van Wyk Keur 5
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Anderkant môre wag geluk:  ‘n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou.  Sy aanvaar ‘n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder...
First 27 28 29 30 31 32 3334 35 36 37 38 39 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy