'N VLERMUISIE VIR KERSFEES

Kids, Fiction, Action/Adventure, Teen, Fantasy and Magic
Cover of the book 'N VLERMUISIE VIR KERSFEES by Annico van Vuuren, Annico van Vuuren
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Annico van Vuuren ISBN: 1230000284266
Publisher: Annico van Vuuren Publication: December 4, 2014
Imprint: Language: Afrikaans
Author: Annico van Vuuren
ISBN: 1230000284266
Publisher: Annico van Vuuren
Publication: December 4, 2014
Imprint:
Language: Afrikaans

Annico van Vuuren se hartroerende verhaal oor die lief en leed van Burg en Loelie  is ‘n moetlees vir elke storieliefhebber!

Burg is self gewond, maar bring sy gewonde makker deur die vyand se spervuur na veiligheid – tog bly die lewe en sy eie mense hom stief behandel. Of so ervaar hy dit altans. Ná sy ma se dood probeer Maria die groot leemtes in sy gemoed vul – maar Maria is self vol vrese en dra dit ook nog op hom oor. ‘n Nuwe katastrofe tref hom by die mense waar hy bly, en terug by die huis is sy pa weer getroud: net, hy en ma Griet kan geen aanklank vind nie. Dis ook nie die einde van die ‘boosheid’ wat hom ry nie.

Soos ‘n tolbossie word hy tot op Wilgersdrif gewaai – waar hy in die bank begin werk en matriek deur ‘n korrespondensiekursus slaag. Toe, twee dae voor Kersfees, kom haal ou weduwee De Beer soos elke jaar haar pêrels uit die bank se bewaarkluis – en toe is sy wêreld weer opnuut onderstebo.

Burg en sy afgeleefde blou Volksie beland daarná op ‘n mallemeul van spanning en avontuur wat al doller begin draai. Daar is ook nie vir hom afklimkans nie, want by elke moontlike stilhouplek skuil die polisie, drie jong bankrowers en ‘n ouerpaar wat wag dat Burg ‘n losprys vir hulle ontvoerde Loelie – vier, amper vyf – moet eis.

Eers toe Burg met die wysheid van Loelie se ogies begin kyk, en ‘n vlermuisie as Kersgeskenk van haar kry, kan hy sy eie hart gee en van die mallemeule afklim.

‘n Vlermuisie vir Kersfees is ‘n moetlees vir jonk en ook vir oud – van alle ouderdomme! waar die spanning boogstyf staan – maar ook ‘n leesavontuur wat die leser tot die besef bring: ‘n mens hoef nie te praat nie: jy kan maar net jou mense liefhê.

More books from Annico van Vuuren

Cover of the book SEKELSON by Annico van Vuuren
Cover of the book TERUG SON TOE by Annico van Vuuren
Cover of the book NOODPLAN by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOED SKREE: DRIé EEN TWEE by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 4 (Voorheen Omnibus 4) by Annico van Vuuren
Cover of the book Gedoriewaar by Annico van Vuuren
Cover of the book BOETIEBOSSIE by Annico van Vuuren
Cover of the book 21 vir Warm Boereharte by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 (Voorheen Omnibus 3) by Annico van Vuuren
Cover of the book EERGISTER en OORMôRE by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1) by Annico van Vuuren
Cover of the book MAMBA MOORD by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 2 (Voorheen: OMNIBUS 2) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 (Voorheen Omnibus 6) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 10 (Voorheen Omnibus 10) by Annico van Vuuren
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy