PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 (Voorheen Omnibus 6)

1 KôKô se KOL SON; 2 BOETIEBOSSIE; 3 KôKô WEN WEE R

Kids, Fiction, Action/Adventure, Teen, Mystery & Suspense, Thrillers
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 (Voorheen Omnibus 6) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren, Annico van Vuuren
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren ISBN: 1230001185386
Publisher: Annico van Vuuren Publication: June 18, 2016
Imprint: Language: Afrikaans
Author: Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
ISBN: 1230001185386
Publisher: Annico van Vuuren
Publication: June 18, 2016
Imprint:
Language: Afrikaans

PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 (Voorheen Omnibus 6) is ANNICO VAN VUUREN (saam met haar man LUKAS) se eerste Proeseltjies  vir kleingoed - darem vir kleingoed van alle ouderdomme! Selfs Oupa en Ouma gaan nie net die heerlike lees vir húlle kleingoed geniet nie, maar die stories self.

PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 bestaan uit drie volledige jeugverhale, met KôKô WEN WEER - die derde verhaal - wat nog nooit voorheen as eBoek verskyn het nie. Dis ook die tweede in die reeks en sluit aan by die eerste verhaal: KôKô se KOL SON.

Hierdie twee storietjies gaan oor Entjie Oener (kapokhennetjie) en Kôkô, 'n krokodilletjie wat na die groot reën op Sleepselvlei  tussen die Vleivolkies uitspoel. Hierdie onwaarskynlike paartjie (diep lief vir mekaar) word die middelpunt van avontuur na avontuur. In die eerste gaan dit oor Kôkô se stryd om aanvaar te word totdat hy sy Kol Son verdien. In die tweede gaan dit oor die Vlei - met Kôkô op die voorpunt - se stryd wat hulle in onwetenheid teen Boer se masjinerie voer (hulle vrees dis 'n aanval deur monsters om Sleepselvlei op te vreet) wat besig is om vir hulle 'n damwal teen droogte te bou.

Annico slaag daarin om in hierdie verhaaltjies die diertjies te laat voel en praat soos mense, maar gelyktydig iets van hulle dier-karakters te behou. Dink daaraan: hoe om jou lesers te laat voel, dis 'n kráp wat praat, of 'n vink; 'n koggelmander; 'n padda, of enige van die baie Vleivolkies - om nie eens van 'n kapokkie of 'n krok te praat nie! Entjie wat boonop nog PURE VROU karakteriseer met Kôkô PURE MAN!

Lekker-lekker leesgenot.

Die middelste van die drie verhale : BOETIEBOSSIE is ietwat ernstiger met ons held, Boetjan, nog nie ses nie, aan die baklei teen geweld, diefstal en onregverdigheid. Hierdie verhaal sal ons lesertjies terugvat na 'n tyd, toe dit nog dikwels gebeur het vir ons Afrikanermense om in 'n wa te moet bly. Hulle sal alles van die lewe tóé met nuwe oë kan sien, Dit erváár. Hulle sal ook insig kry in die diamantvelde aan die Oranje(Groot)rivier se walle in 'n tyd toe delwers geen beskerming gehad het teen aanvalle behalwe vir hulle eie kop en hande nie.

Die eintlike waarheid van die storie lê in die feit dat 'n diepgaande band tussen mens, dier en die natuur 'n skans teen aanvalle word. Want dis nie net Boetjan, Pa, Ma en Stefaans teen die diewe nie. Hulle liefde vir hulle diere, laat die diere sáám baklei: Brak, Kiets, Blommetjie en die osse - tot Koelekoel en sy henne. Dis om nou die eens van Boetiebossie te praat nie (die boetebossie wat Boetjan voel sy boetie is en wat hy gereeld natdra en versorg) - die enigste groenigheidjie in die dor aarde om hulle wa. Tot die uil wat in hulle doringboom bly, dra - toe die keerpunt kom - sy bietjie by.

Maar wat ons lesertjies veral gaan raak, is dat Boetjan, klein soos hy is, waarlik die held in die verhaal is. Dat hy in sy jonkheid  kon doen en besluit - en 'n doen wat wel aanvaarbaar is vir sy vermoëns - wat hulle kon laat wen teen die oormag.

Moenie dat jou kleinding hierdie stories misloop nie.

More books from Annico van Vuuren

Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 11 (Voorheen Omnibus 11) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book NOODPLAN by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book Kôkô se KOL SON by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 10 (Voorheen Omnibus 10) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book SEKELSON by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 2 (Voorheen: OMNIBUS 2) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8 (Voorheen Omnibus 8) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book EERGISTER en OORMôRE by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 (Voorheen Omnibus 3) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book 21 vir Warm Boereharte by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book BLOU MOORD by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 9 (Voorheen: Omnibue 9) by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book BOEF met VLERKIES by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book 'N VLERMUISIE VIR KERSFEES by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
Cover of the book OES DIE STOF by Annico van Vuuren, Lukas van Vuuren
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy