JONG GOUD

Kids, Fiction, Action/Adventure, Teen, Mystery & Suspense, Thrillers
Cover of the book JONG GOUD by Annico van Vuuren, Annico van Vuuren
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Annico van Vuuren ISBN: 1230000275536
Publisher: Annico van Vuuren Publication: October 21, 2014
Imprint: Language: Afrikaans
Author: Annico van Vuuren
ISBN: 1230000275536
Publisher: Annico van Vuuren
Publication: October 21, 2014
Imprint:
Language: Afrikaans

Annico van Vuuren se JONG GOUD – die ontdekking van goud in ons land is nog JONK in 1889 – en Mic is nog nie 16 nie – beskryf Mic Maritz se aangrypende paadjie wat hy moet loop na grootword en aanvaarding van homself en van die lewe.

Mic se pa sukkel van jongsaf met sy gesondheid en sy smagting om ‘n loopbaan in musiek te volg. Teen Mic se oupa se wense in, help sy ouma sy pa. In die Kolonie ontmoet sy pa nog boonop sy ma, direk van Engeland af. Teen almal se raad in trou die twee en vertrek oorsee vir sy pa om sy musiekloopbaan te begin. Mic word op Gramps se landgoed in Engeland groot. Toe Gramps te sterwe kom, word hulle deur omstandighede gedwing om na Suid Afrika terug te kom.

Mic se pa se toestand – steeds aan die verswak – vind die seereis een te veel. Met Mams wat totaal uitgeput rus, word Pa baie benoud en kry Mic om hom dek toe te sleep-dra. Pa gly uit Mic se arms en sterf op die dek. Mic se skuldgevoel begin.

Dit word ‘n oordonderende emosie een dag in ‘n Johannesburgse stofstraat: Mic kan nie sy werk terugkry nie, hy en Mams se omstandighede is haglik, hulle het geen heenkome of plek om na te draai nie. In Mic se desperaatheid word hy toe nog deur twee straatboewe voorgekeer. Iets in Mic ontplof en anders as gewoonlik probeer hy nie weghol nie, hy baklei. Die volgende oomblik kyk hy neer op die een stil lyf voor hom in die stof, met die ander wat skree: Jy het hom doodgeslaan, hulle gaan jou hang.

Hy kry Mams om nog dieselfde dag Johannesburg se stof af te skud. Hulle land by Pa se suster ta ‘Es en by oom Hendrik op die plaas, waar streng oom Hendrik begin om van Mic ‘n Boerseun te maak. Dis erg genoeg vir Mic, maar nie so erg as sy skuld wat hom dag en nag ry nie. Sy sukkelpaadjie gaan gooi ‘n draai by die Barbartonse delwerye ook, met talle insidente wat hy moet beleef – en oorleef.

Kom loop Mic se troebel paadjie met hom saam tot waar hy homself vind en die lewe reguit in die gesig kan kyk.

More books from Annico van Vuuren

Cover of the book Gedoriewaar by Annico van Vuuren
Cover of the book BOEF met VLERKIES by Annico van Vuuren
Cover of the book ONTHOU OM TE VERGEET by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 7 (Voorheen Omnibus 7) by Annico van Vuuren
Cover of the book 21 vir Warm Boereharte by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 9 (Voorheen: Omnibue 9) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 (Voorheen Omnibus 6) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 11 (Voorheen Omnibus 11) by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOED SKREE: DRIé EEN TWEE by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 10 (Voorheen Omnibus 10) by Annico van Vuuren
Cover of the book EERGISTER en OORMôRE by Annico van Vuuren
Cover of the book TERUG SON TOE by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOU MOORD by Annico van Vuuren
Cover of the book OES DIE STOF by Annico van Vuuren
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy