Alle Sterre Brand nie

Kids, Teen, Science Fiction, Fiction, Action/Adventure
Cover of the book Alle Sterre Brand nie by Annico van Vuuren, Annico van Vuuren
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Annico van Vuuren ISBN: 1230000955218
Publisher: Annico van Vuuren Publication: February 19, 2016
Imprint: Language: Afrikaans
Author: Annico van Vuuren
ISBN: 1230000955218
Publisher: Annico van Vuuren
Publication: February 19, 2016
Imprint:
Language: Afrikaans

LLE STERRE BRAND NIE, ‘n Wetenskapfiksie-verhaal – vér in die toekoms – is nóg een van ANNICO VAN VUUREN se jeugtreffers wat nie misgeloop moet word nie.

Ons held, Yon (16) en heldin, Jalti (15) (hulle is aanvanklik vreemdelinge vir mekaar) is beide grotendeels op hulself aangewese – ‘n eensame bestaan vol  onsekerheid.

Yon se ouers is dood. Dis sy ma se broer, oom Heindu van Mars wat – al ken hy oom Heindu nie regtig nie – vir hom voog staan.

Oom Heinu is een van die waaghalse wat op ‘n jong ouderdom die destydse onherbergsame Mars in sy eenmansmodule aandurf. Hy maak vir hom om verskeie redes groot naam: Hy is die man wat die eerste variasie van WM (Wonder Mutant) – ‘n middel wat haas enigiets genees (maar in sy onbewerkte vorm ook ‘n dwelm is) in Sol se sonnestelsel vind. Dit maak die deur vir die VBI (Vereniging van Bestaande Intelligentsia) oop om die  mensdom by die Interstellêre netwerk te betrek wat WM aan ander wêrelde verskaf. Daar word oral in Sol se stelsel na ander neerslae van WM gesoek, maar dusver kom dit net op Mars voor.

Oom Heindu is ook die man om die Bandis (Die Bloukoppe) die enigste spesie van buite Sol se ruim wat ‘n vesting op Mars begin het, te bevriend. Die Bloukoppe meng gewoonlik met g’n niemand nie.

Dis alles vir Yon ‘n riem onder die hart: As oom Heindu hom tog asseblief net op een of ander stadium Mars toe sou nooi – Mars is, vandat hy kan onthou, sy droom. Die rooi ster aan die aarde se hemel wat nie brand nie...

Toe, tot almal se verbystering skryf die Bloukoppe ‘n uitdaging uit: aan alle aardse seuns van 16. Die wenner sou ‘n jaar by hulle op Mars gaan deurbring. En al weet Yon, hy staan geen kans nie – nie eers as hy homself net met sy twee vriende vergelyk nie (die een briljant, die ander ‘n wonderlike sportman) probeer hy die hoop vergeefs dooddruk... En daar word hy gekies! Hy is op pad Mars toe…!

Jalti se pa werk op Mars, maar die vrou wat veronderstel is om vir haar ma te staan, raak aan WM-dwelms verslaaf, en Jalti begin vir haar lewe vrees. Sy het ‘n gewoonte om na die omgewing van die ruimtestasie te vlug. Toe,  op ‘n  ontstellende dag neem sy die verkeerde afrit en mistasting op mistasting laat haar in ‘n krat vleis wegkruip – sy besef dit te laat en is op pad Mars toe in ‘n vragtuig! Sy het die verskriklike ervaring om sonder om soos ‘n reisiger in ‘n passasierstuig gepamperlang te word, eers te moes beleef hoe dit voel om na hiperdryf te versnel en toe weer die vermindering van spoed na gewone dryf toe hulle op Phobos land.

Beleef saam met Yon en Jalti al hulle wedervaring op Mars: Hulle word deur die rowers bedreig, ook bedreiging deur die molekulêre lewe op Mars en daar is Rux en die ander Bloukoppe en… en…

Geniet

More books from Annico van Vuuren

Cover of the book BOEF met VLERKIES by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 6 (Voorheen Omnibus 6) by Annico van Vuuren
Cover of the book BOETIEBOSSIE by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8 (Voorheen Omnibus 8) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 3 (Voorheen Omnibus 3) by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOED SKREE: DRIé EEN TWEE by Annico van Vuuren
Cover of the book JONG GOUD by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1) by Annico van Vuuren
Cover of the book NOODPLAN by Annico van Vuuren
Cover of the book 21 vir Warm Boereharte by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOU MOORD by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 7 (Voorheen Omnibus 7) by Annico van Vuuren
Cover of the book TERUG SON TOE by Annico van Vuuren
Cover of the book MAMBA MOORD by Annico van Vuuren
Cover of the book ONTHOU OM TE VERGEET by Annico van Vuuren
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy