Tafelberg imprint: 257 books

by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die...
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 1, 2013

En die klippe sal uitroep Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie....
by Mariel Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: April 11, 2017

Haar pa se hand om die glas, dit onthou Carli beter as sy gesig. Tog is haar lewe op Grootvlei in haar geheue ingebrand: die donker plaashuis, kleintyd se spoke. Alleen by die rivier het Ma Bella stories vertel. Eendag-op-'n-reëndag, het sy gesê, gaan ons vir my familie kuier, tante Sophia en neef...

Onder die radar

Stories uit ons land

by Dana Snyman
Language: Afrikaans
Release Date: September 23, 2013

Dana Snyman is een van Suid-Afrika se mees geliefde en geleesde skrywers. In dié bundel skryf hy weer met sy kenmerkende humor en patos oor die lewens van gewone mense, mense wat onder die radar leef, ly en liefhet. Die boek is in drie afdelings verdeel: Stanings, Oordenkinge en Reise.
by Irma Joubert
Language: Afrikaans
Release Date: September 15, 2011

Kronkelpad is die derde boek in die trilogie waarvan Anderkant Pontenilo en Pérsomi die eerste twee is. Die verhaal speel af in die jare 1938–1960, met die slot in 1986.Lettie Louw (Klara se slim vriendin uit Pontenilo en die dokter wat in Pérsomi in die hofsaak getuig) en Marco Romanelli (Antonio...
by Rudie Van Rensburg
Language: Afrikaans
Release Date: May 18, 2017

Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale...
by Etienne van Heerden
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

Dié yo-yo wat van sy vinger af uitkatrol het eens op ’n tyd vol sale getrek. In die dae van fleur en flambojansie, toe hy met eendsterthare en in sy smoking jacket met elke hopstappie en kierang die gehoor kon betower. Maar nou is Ludo Loeloeraai se hare grys, en verlang hy na die kameravrou wat...
by Alexander Strachan
Language: Afrikaans
Release Date: July 17, 2016

’n Wêreld sonder grense is ’n bundel aaneenskakelende kortverhale, almal onderdele van ’n oorlogverhaal wat met seldsame ekonomie vertel word. Dit is ’n genadelose boek oor ’n brutale bosoorlog; oor ’n naamlose jong seun wat soldaat word deur ’n reeks inisiasies in geweld. Algaande...
by Alexander Strachan
Language: Afrikaans
Release Date: October 5, 2017

Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf,...
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en...
by Marita van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet dié minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.Die smulpaapvakansie van ’n leeftyd verander in ’n nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dié reis...
by Mariël Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2017

Toe fluister die engel dringend in my kop. Die tyd loop uit. Jy moet gou speel. Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die ongenaakbare wêreld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Ná haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar...
by Irma Joubert
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. ’n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou Pérsomi terug – waarom kan sy nie met oorgawe liefhê...
by Annelie Botes
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma...
First 3 4 5 6 7 8 910 11 12 13 14 15 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy