Klimtol

Fiction & Literature
Cover of the book Klimtol by Etienne van Heerden, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Etienne van Heerden ISBN: 9780624057260
Publisher: Tafelberg Publication: September 1, 2013
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Etienne van Heerden
ISBN: 9780624057260
Publisher: Tafelberg
Publication: September 1, 2013
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Dié yo-yo wat van sy vinger af uitkatrol het eens op ’n tyd vol sale getrek. In die dae van fleur en flambojansie, toe hy met eendsterthare en in sy smoking jacket met elke hopstappie en kierang die gehoor kon betower. Maar nou is Ludo Loeloeraai se hare grys, en verlang hy na die kameravrou wat hy dekades laas gesien het. Die bloedkol op die pad by Tweefontein kan hy nie vergeet nie, en so ook die eerste verskyning van die vliepiering op die oop pad . . . Dis hier op Paternoster, waar hy aan die einde van ’n baie lang pad tot rus probeer kom, dat Snaartjie Windvogel haar opwagting maak. Nou eers kon sy van die suikerhuis wegbreek, maar sy het reeds die aand toe haar viool stukkend getrap is, geweet dat daar vir haar nooit weer ’n terugkeer na Matjiesfontein sou wees nie. En dis op Paternoster waar haar pad kruis met dié van Eenslie Maree, pas uitgeklaar as adelbors. Hy sóék haar, want sy is ’n pragtige meisiekind met lang bene en goeie dye, kuite soos twee visse en regop borste, en hy is ’n jongman in uniform met ’n reguit rug. Al weet hy dat sy die een is wat die bouers jumps gee. Al sê mense selfs oom Ludo ry elke oggend verby die vuurtoring om Snaartjie in die reservaat te ontmoet en dis hoekom hy deesdae so sonbruin en gesond lyk, want dié meerminjintoe seks hom deeglik en hy is op dreef. Een ding is seker: twee lyke wat so kort na mekaar by Bekbaai uitspoel is geen grap nie. Wat sou al dié sterftes met die vloek van die see na Paternoster gebring het? Klimtol is Etienne van Heerden se eerste roman sedert die veelbekroonde 30 nagte in Amsterdam in 2008 verskyn het. Dit is ’n kragtoer van ’n triek.

More books from Tafelberg

Cover of the book As die lied verstil by Etienne van Heerden
Cover of the book Stralerjakkers by Etienne van Heerden
Cover of the book Engel van my hart by Etienne van Heerden
Cover of the book Tweede kans op liefde by Etienne van Heerden
Cover of the book Met ander woorde by Etienne van Heerden
Cover of the book Reënboog in die sand by Etienne van Heerden
Cover of the book Baas van Babilon by Etienne van Heerden
Cover of the book Somer van betowering by Etienne van Heerden
Cover of the book Skemeruur by Etienne van Heerden
Cover of the book Elza Rademeyer Omnibus 6 by Etienne van Heerden
Cover of the book Susanna M Lingua Gunstelinge 2 by Etienne van Heerden
Cover of the book Anderkant die volmaan by Etienne van Heerden
Cover of the book Annelize Morgan Omnibus 7 by Etienne van Heerden
Cover of the book The Camp Whore by Etienne van Heerden
Cover of the book Een nag in Vegas by Etienne van Heerden
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy