Ena Murray Omnibus 38

Romance, Fiction & Literature
Cover of the book Ena Murray Omnibus 38 by Ena Murray, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Ena Murray ISBN: 9780624057888
Publisher: Tafelberg Publication: June 1, 2013
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Ena Murray
ISBN: 9780624057888
Publisher: Tafelberg
Publication: June 1, 2013
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

En die klippe sal uitroep Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral teenoor die plaaswerkers. Dié vurige kampvegter vir menseregte het ’n hart wat onstilbaar klop . . . Vir Martha wat al vergeet het van boontoe beur en wegbreek na ’n beter lewe. Vir Maria, haar mooi dogter met die droom om dokter te word. “Daar is geen reënboog vir ons nie. God het dit vir die ander mense gestuur en die rykes kry die pot goud daarby – van ons hier op die plase en in die strooise het Hy vergeet . . .” refrein Martha se bitter klag in Miempie se hart. Wat is jy werd as jy nie meer ideale en ’n gewete het nie? Hoe moet die wêreld ’n beter plek word as almal net stilbly? Miempie rus nie voordat sy nie die klippe laat uitroep nie . . . Die tonnel Tot dusver het die lewe nog geen droomsterre vir die sensitiewe Ilse Rademeyer laat verskiet nie. Sy is op eenjarige ouderdom verlam weens ’n motorongeluk waarin haar ma sterf. Haar pa is ’n briljante wetenskaplike wat in sy eie afgeslote wêreld leef, en haar stiefbroer, Mynhardt, is ’n losbol en ’n rokjagter . . . Toe Markus Rademeyer op sy sterfbed lê, skroei die skuldgevoelens deur sy hart. Wat gaan van sy verlamde dogter word? Want Mynhardt, sy stiefseun, het so ’n reusebedrag geld by hom geleen dat daar geen sprake is van ’n goeie erfporsie aan Ilse nie. Maar dan bedink hy ’n oplossing. Nóg Ilse nóg Mynhardt sou ooit uit hul eie tot iets so waansinnigs ingestem het, maar diep in sy hart weet hy dit is die regte besluit . . . Danksy haar vader se testament word Ilse verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. Gelukkig ken die liefde sy eie tyd. Keerkring van die hart Faan Dempers neem ou dronk Joop Burger van die onderdorp se seun in diens as prokureursklerk. Hoe sou hy ooit kon raai dat Kasper nog eendag sý redder sou word – meer nog, sy ydele dogter, Liesel, s’n? Kasper kan nie dink aan ’n tyd in sy lewe wat hy nie ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel Dempers, op agtien al ’n ryp jong vrou, in sy hart probeer smoor het nie. Maar Liesel leef net vir swierbol Rob Rabe. Wanneer sy teen haar pa se sin met dié jakkals trou, begin die wiel van die lewe draai. Skielik is dit die trotse Liesel wat aan die verloorkant staan. En dan kry oom Faan ’n hartaanval en smeek hy Kasper om in te gryp. Want hy ken Kasper se geheim, en weet dat dié skugter man miskien Liesel se laaste redding kan wees.

More books from Tafelberg

Cover of the book Dogtective William in New York by Ena Murray
Cover of the book Ettie Bierman Keur 6 by Ena Murray
Cover of the book The Bird of Heaven by Ena Murray
Cover of the book Skitternag vir dokter Vasti by Ena Murray
Cover of the book Asbesmiddag by Ena Murray
Cover of the book Die dinge van ’n kind by Ena Murray
Cover of the book Witboy in Africa by Ena Murray
Cover of the book Anderkant uit by Ena Murray
Cover of the book Annelize Morgan Omnibus 3 by Ena Murray
Cover of the book Ridder in 'n wit jas by Ena Murray
Cover of the book Restless Nation by Ena Murray
Cover of the book Granite by Ena Murray
Cover of the book Ena Murray Omnibus 37 by Ena Murray
Cover of the book The Orange Earth by Ena Murray
Cover of the book Kringe in 'n bos by Ena Murray
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy