Die boek van Ester

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Die boek van Ester by Wilna Adriaanse, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Wilna Adriaanse ISBN: 9780624051800
Publisher: Tafelberg Publication: April 28, 2011
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Wilna Adriaanse
ISBN: 9780624051800
Publisher: Tafelberg
Publication: April 28, 2011
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts van beroep, maar ook betrokke by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is ‘n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met ‘n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan ‘n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.

More books from Tafelberg

Cover of the book Back to Villa Park by Wilna Adriaanse
Cover of the book Desert Prisoner by Wilna Adriaanse
Cover of the book Schalkie van Wyk Keur 7 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Die geheim van Rust der Vrede by Wilna Adriaanse
Cover of the book Om joune te wees by Wilna Adriaanse
Cover of the book Ena Murray Omnibus 35 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Tweede kans op liefde by Wilna Adriaanse
Cover of the book Endgame by Wilna Adriaanse
Cover of the book Die wêreld van Charlie Oeng by Wilna Adriaanse
Cover of the book Winde van herinnering by Wilna Adriaanse
Cover of the book Ena Murray Keur 1 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Writing What We Like by Wilna Adriaanse
Cover of the book Tafelberg Short: The Zuma Moment by Wilna Adriaanse
Cover of the book Vyf vir vreugde by Wilna Adriaanse
Cover of the book Huise van klei by Wilna Adriaanse
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy