Snoeiskêr

Mystery & Suspense, Fiction & Literature
Cover of the book Snoeiskêr by Piet Steyn, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Piet Steyn ISBN: 9780624052494
Publisher: Tafelberg Publication: April 1, 2011
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Piet Steyn
ISBN: 9780624052494
Publisher: Tafelberg
Publication: April 1, 2011
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Die duime is met ’n soort skêr of tang afgesny, en geoordeel na die merke aan die vingerbeentjies, is dieselfde instrument in elke geval gebruik. Moontlik ’n gewone snoeiskêr, net baie skerp. Langs ’n Johannesburgse mynhoop word een van die lyke gekry, in die veld naby die Mosambiekgrens lê nog twee, ’n ander in ’n bloedbespatte kamer van ’n derderangse hotel in Hillbrow, almal met die afgesnyde duime op die bors geplaas. Die misdaadverslaggewer Patricia de Beer begin verbande lê tussen die verskillende gevalle. Is hier ’n reeksmoordenaar aan die werk? Sy praat met haar vriende in die Eenheid vir Geweldmisdaad, en toe supt. Pine Pienaar en sy span agterkom dat daar jare gelede op ’n plaas naby Vrede ’n plaasmoord was waarin ’n vrou se duime afgesny is en op haar bors gelaat is, begin hulle Patricia gelyk gee. Op ’n verlate grondpad in Mpumalanga bring ’n donker man met ligbruin, byna geel oë sy dubbelkajuitbakkie in ’n stofwolk tot stilstand. Hy lees Patricia se artikel oor ’n moordenaar wat sy onversadigbare bloedlus met ’n snoeiskêr bevredig. Hy kyk na haar foto by die artikel, luister ’n ruk na die getik van sy bakkie se warm enjin. Hy draai die aansitter en die bakkie brul. Hy sal haar adres maklik kry. Alle paaie lei na die hel, en soms moet jy duimgooi daarheen. Piet Steyn se spanningsdebuut is ’n vuishou op die krop van die maag. Kru, gewelddadig, kniediep in van die land se somberste werklikhede. Dit is ook geskryf met diepgaande kennis van die karakters wat in hierdie omstandighede leef en sterf, en met ’n meesterlike beheer van spanning en die onverwagse.

More books from Tafelberg

Cover of the book Dis ek, Anna by Piet Steyn
Cover of the book Speurhond Willem in New York by Piet Steyn
Cover of the book Weekend Trails in the Western Cape by Piet Steyn
Cover of the book Anna Atoom en die seerower se dolk by Piet Steyn
Cover of the book Sophie en Sophia (Ultrasatyn) by Piet Steyn
Cover of the book Susanna M Lingua-keur 9 by Piet Steyn
Cover of the book Cult Sister by Piet Steyn
Cover of the book Endgame by Piet Steyn
Cover of the book Satyn Omnibus 2 by Piet Steyn
Cover of the book Eating for Sustained Energy 4 by Piet Steyn
Cover of the book Bruid uit die koue by Piet Steyn
Cover of the book Die tonnel by Piet Steyn
Cover of the book Katryn van die klipdassies by Piet Steyn
Cover of the book Donkerland by Piet Steyn
Cover of the book From Corner Café to JSE Giant by Piet Steyn
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy