Tafelberg: 581 books

Cover of Reise van Isobelle
by Elsa Joubert
Language: Afrikaans
Release Date: July 1, 2011

Die jare 1894 tot 1994 is vir die Afrikaner ’n tydperk van grootse maar veral pynlike gebeure. ’n Gewone Suid-Afrikaanse familie beleef in hierdie roman die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die 1914-Rebellie, 1918 se tragiese Groot Griep en 1938 se besielende Voortrekkereeufees, die...
Cover of Anderkant die volmaan
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou....
Cover of 'n Fontein voor ons deur
by Marita Van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: September 15, 2013

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies...
Cover of In die blou kamp
by Dana Snyman
Language: Afrikaans
Release Date: June 22, 2015

Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria... Sy stories...
Cover of Op pad: 'n Reisjoernaal
by Dana Snyman
Language: Afrikaans
Release Date: August 1, 2017

As Dana ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se erf, Adriaan Vlok (met sy voetwasskottel) en Manji van Nkandla huis toe ry, is dit met 'n nuwe manier van kyk - en 'n nuwe hond. Die verhaal neem sy loop deur die Rugby Wêreldbeker, ontmoetings met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen en 'n...
Cover of In stede van die liefde
by Etienne van Heerden
Language: Afrikaans
Release Date: December 30, 2013

Dié roman is ’n wydlopende werk wat hom veral in Seepunt, Stellenbosch en Matjiesfontein afspeel. Maar die kring word wyer getrek om onder meer verskeie Europese lande en Zimbabwe in te sluit. Seepunt en Stellenbosch is die ruimtes waarin veral een van die hoofkarakters, Christian, beweeg. Hy is...
Cover of Die wêreld van Charlie Oeng
by Etienne Van Heerden
Language: Afrikaans
Release Date: June 19, 2017

Tian Kilian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Chinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler...
Cover of Asbesmiddag
by Etienne van Heerden
Language: Afrikaans
Release Date: December 30, 2013

’n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan ’n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in ’n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer ’n bejaarde en beroemde biljoenêr, ’n...
Cover of My Kubaan
by Etienne van Heerden
Language: Afrikaans
Release Date: December 17, 2016

My Kubaan was Van Heerden se eerste kortverhaalbundel – ’n belangwekkende bydrae wat hom midde-in die destydse oplewing van die Afrikaanse kortverhaal geplaas het. Die beste tekste in hierdie bundel het ’n digtheid en vormbewustheid wat hom uitwys as toonaangewend onder ’n hele geslag knap jong kortverhaalskrywers. My Kubaan is in 1984 met die Eugène Marais-prys bekroon.
Cover of Raaiselkind
by Annelie Botes
Language: Afrikaans
Release Date: December 17, 2016

Raaiselkind is ´n verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop versit in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens”...
Cover of Trousseaukis
by Annelie Botes
Language: Afrikaans
Release Date: May 20, 2008

'n Vrou laai vir haar 'n kind en 'n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. 'n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as 'n paradysdonkie behandel. 'n Man begin orrelles neem in 'n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit...
Cover of Kruispad
by Deon Opperman
Language: Afrikaans
Release Date: October 21, 2014

Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het. In Donkerland het Opperman gekyk na die aanloop van 1834 tot 1994 en in Hartland na die huidige stand...
Cover of Fiela se kind
by Dalene Matthee
Language: Afrikaans
Release Date: January 1, 1985

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie. Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil,...
Cover of Eat Smart for Sport

Eat Smart for Sport

Maximise sports performance and results through smart eating

by Paula Volschenk, Liesbet Delport
Language: English
Release Date: April 24, 2015

Two top South African experts have joined forces to bring you this up-to-date guide to what, how much, and when to eat to optimise sports performance. Practical and realistic, it provides professional sportspeople, enthusiastic amateurs and concerned parents with scientific information. Design your...
First 8 9 10 11 12 13 1415 16 17 18 19 20 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy