Asbesmiddag

Fiction & Literature
Cover of the book Asbesmiddag by Etienne van Heerden, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Etienne van Heerden ISBN: 9780624068747
Publisher: Tafelberg Publication: December 30, 2013
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Etienne van Heerden
ISBN: 9780624068747
Publisher: Tafelberg
Publication: December 30, 2013
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

’n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan ’n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in ’n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer ’n bejaarde en beroemde biljoenêr, ’n asbesmagnaat. Versteek in ’n steeg voorsien die haarsalon bekendes, wat op soek is na privaatheid en rus, van uurlange kopmasserings, begelei deur Italiaanse tenore en pierings vol olywe. Die skrywer se vader – eens ’n vuurspuwer en latere ringmeester in ’n Karoosirkus – deel ’n ongelukkige geskiedenis met die asbesmagnaat en die skrywer is voyeuristies daarop uit om wraak te neem by wyse van sy vertelling – of so dink hy. Gou ontdek hy egter dat ander spelers in die verhaal ratser manipuleerders van storielyne is as hy. Die biljoenêr word ’n karakter in die skrywer se boek en die hooftema word die kunstenaar se uitbeelding van die werklikheid, wat lei tot die skepping van ’n vervormde en nuwe werklikheid, kortom, ’n onwaarskynlike onmoontlike: Storie. Dit word deur die sirkus se hoogtepunt-toertjie gesimboliseer – twee kameelperde wat op onwaarskynlike wyse hul nekke verknoop. Die skrywer en die biljoenêr se lewens verknoop, werklikheid en fantasie verknoop, die twee vaders (die skrywer se bloedvader en sy nuwe magnaatvader) verknoop – en lei tot ’n skokkende einde wat reeds vroeg in die boek deur ’n Indiese fortuinverteller voorspel is. Wie het ten slotte vir wie geskryf? Wie van die twee mans – die romansier of die magnaat – is die werklike hand agter die verhaal? ’n Storie oor bloedeed, sensualiteit, ’n veranderende Suid-Afrika, ’n verlange na ’n verlore verlede, en ’n geheimsinnige Wes-Afrikaan, die alomteenwoordige Mister Deejay Gucci X. Ook ’n handleiding oor kunstenaarskap, en ’n wrede verkenning van die etiese problematiek van die skrywer.

More books from Tafelberg

Cover of the book Môrester in die hart by Etienne van Heerden
Cover of the book 'n Hap van die appel by Etienne van Heerden
Cover of the book Ena Murray Keur 16 by Etienne van Heerden
Cover of the book Stormpad na Vadersrust by Etienne van Heerden
Cover of the book 'n Juffrou vir Skurwekop by Etienne van Heerden
Cover of the book Jannie Mouton: And then they fired me by Etienne van Heerden
Cover of the book Speurhond Willem in New York by Etienne van Heerden
Cover of the book Die Poort 1: Bewakers by Etienne van Heerden
Cover of the book Schalkie van Wyk Keur 10 by Etienne van Heerden
Cover of the book Engel van my hart by Etienne van Heerden
Cover of the book Eat Smart for Sport by Etienne van Heerden
Cover of the book Ena Murray Omnibus 19 by Etienne van Heerden
Cover of the book En die klippe sal uitroep by Etienne van Heerden
Cover of the book Die uurglas loop leeg by Etienne van Heerden
Cover of the book Oliver Strange and the Journey to the Swamps by Etienne van Heerden
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy