Kruispad

Fiction & Literature
Cover of the book Kruispad by Deon Opperman, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Deon Opperman ISBN: 9780624071433
Publisher: Tafelberg Publication: October 21, 2014
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Deon Opperman
ISBN: 9780624071433
Publisher: Tafelberg
Publication: October 21, 2014
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het. In Donkerland het Opperman gekyk na die aanloop van 1834 tot 1994 en in Hartland na die huidige stand van sake. In Kruispad fokus hy op 1994 en wat die verlies van mag vir Afrikaners ingehou het. Dis ’n verhaal van vreugde, smart, trots en vernedering wat tot ’n klimaks ontvou soos ons dit nog selde op TV gesien het, en die romanweergawe vat dié emosionele gegewe meesterlik in woorde vas. Die stuk wentel om Sophia en Mariana, die twee dogters van ’n welgestelde boer, Soois van Rooyen, en sy vrou, Mart. Sophia is met die skatryk FG van den Berg getroud en Mariana met die arm, bekrompe Andries Landman. Terwyl FG en Andries albei hul ekonomiese status ná die verkiesing van 27 April 1994 verloor, sit hul onderskeie seuns, Klein FG en Henk, met die nalatenskap van apartheid. FG rinkink en ploeter voort asof sy pa se besigheid nie besig is om ten gronde te gaan nie en Henk, wat op skool gepresteer het, vind weer dat die deur vir hom toegaan omdat hy wit is. Hy verloor ’n beurs en moet op sy eie bene leer staan. Tussen die ontwikkeling van dié groot menslike drama deur probeer die susters, Sophia en Mariana, agter die skerms red wat te redde is – grootliks in eie belang. Maar hulle is van uiteenlopende stoffasie en uiteindelik sal net een van die twee kop omhoog voortgaan. Kruispad bevat al die verhaalelemente wat gesorg het dat Hartland en Donkerland soveel byval by lesers gevind het – en nog meer: Dit belig nie net die snykant van apartheid fel nie, maar boor ook diep in die problematiek waarmee die Afrikaner in die jare negentig moes worstel en toon hoeveel inbors en karakter dit verg om die juk van die verlede af te skud. Maar anders as in Donkerland en Hartland gaan dit in Kruispad uiteindelik oor hoe ouers hul kinders verraai deur ’n toekomskoers in te slaan wat wreed in die gesig van die nageslag kan ontplof.

More books from Tafelberg

Cover of the book Liefde in laslap by Deon Opperman
Cover of the book Rugby in our blood by Deon Opperman
Cover of the book Ena Murray Keur 4 by Deon Opperman
Cover of the book Skitternag vir dokter Vasti by Deon Opperman
Cover of the book Annelize Morgan Omnibus 4 by Deon Opperman
Cover of the book Schalkie van Wyk Keur 8 by Deon Opperman
Cover of the book Die geheim van Rust der Vrede by Deon Opperman
Cover of the book Bruid uit die vreemde by Deon Opperman
Cover of the book Marlene en die macho man by Deon Opperman
Cover of the book Anderkant Pontenilo by Deon Opperman
Cover of the book Hoe kwesbaar die hart by Deon Opperman
Cover of the book Chirurg van harte by Deon Opperman
Cover of the book Sterre is vir ewig by Deon Opperman
Cover of the book Home Invasioin by Deon Opperman
Cover of the book Ver pad na Königsee by Deon Opperman
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy