Hartklop imprint: 35 books

by Malene Breytenbach, Kristel Loots, Rykie Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder...
by Amelia Strydom, Malene Breytenbach, Vera Wolmarans
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2016

In Droomdokter moet vroedvrou Mila Mouton haar Aktiewe Geboorte-eenheid se deure sluit, en dit blyk dat haar aantreklike buurman by dié besluit betrokke is. In In jou hande lê Michelle Judson ná ’n motorongeluk hulpeloos in ’n hospitaal. Al ligpunt is die deernisvolle ortopediese chirurg Douw...
by Madelein Malherbe, Rykie Roux, Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2017

Heler van skade: Lucinda O’Neill word ’n pos as pediater by die Wynland-kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied en dit bring ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n siviele ingenieur, wie se seun tydens...
by Malene Breytenbach, Rykie Roux, Madeleine Malherbe
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2018

In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi. Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die pragtige...
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Narkotiseur Saranie du Plessis is al goed aan die verkeerde kant van dertig en steeds enkellopend. Van kleins af was haar broers erg besitlik en het geen vryer rondom haar geduld nie. Saranie is trots daarop dat sy uiters professioneel is en haar werk eerste stel.  Maar wanneer sy een aand per ongeluk...
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: November 25, 2014

Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste...
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: November 6, 2017

Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans, eers nadat sy als wat sy kán by hom geleer het. Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer...
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: July 7, 2014

Carli het die werk by die mobiele kliniek bitter nodig. Haar suster en swaer se dood beteken sy moet baie vinnig werk en goedkoop blyplek vind, en die Karoo bied albei. Dít en herstelkans van die trauma van haar suster se “ongeluk”. Maar op die plaas Sielerus aangekom, loop dinge dadelik skeef....
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Toe Bella du Toit haar “skaduwee” sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is ’n gawe, vaal omie met ’n boepens en ’n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet...
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2011

Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy’s darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie ná sy deur...
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

Jemma het niks lus om haar vakansie op te offer om vroedvrou vir die sterre te speel nie en sy weier volstrek toe dokter Reuben Stiller haar nader om pop-ikoon Kaydee se eersteling op haar bosveldplaas te vang. Jemma is geen dokter se handlanger nie, dankie, daarvoor is sy gans te onafhanklik. Sy...
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: November 25, 2014

Vroedvrou Anouk doen dinge op háár manier. Sy maak al jare lank haar dogtertjie alleen groot, so al rondreisend van die een Overstrandse kampeerterrein na die ander, en selfs as Anouk snags moet uitgaan na ’n geboorte kom sy en klein Skyla goed reg, dankie. Sy’t g’n ’n man nodig nie. Maar...
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

Dokter van harte se Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet ondersoek word nie. Sy weet wat skort: haar hart is bloot gebreek. En sy weet hoe graag hartchirurge teater toe draf, of dit nou die beste ding is of nie. Dis net . . . Luca de Wet maak allerlei fantasieë in haar wakker, en hy duik...
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak…
12 3
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy