Kristel Loots: 25 books

Book cover of Om jou te vind
by Kristel Loots
Language: English
Release Date: December 4, 2018

Kristel Loots se vorige liefdesverhale weer in 'n omnibus beskikbaar!Kristel Loots is bekend vir haar fyn humorsin en besondere vermoe om haar karakters uit te beeld.Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Kristel se vorige liefdesverhale, Liefde op Vergeetbaai, Kiki se kroonprins en Sieraad...
Book cover of Kristel Loots-omnibus 1
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

Dokter van harte se Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet ondersoek word nie. Sy weet wat skort: haar hart is bloot gebreek. En sy weet hoe graag hartchirurge teater toe draf, of dit nou die beste ding is of nie. Dis net . . . Luca de Wet maak allerlei fantasieë in haar wakker, en hy duik...
Book cover of Ek en jy (Duet)
by Kristel Loots
Language: English
Release Date: January 4, 2014

Ek en jy is 'n heruitgawe van twee van Kristel Loots se gewildste romantiese komedies, 'n Perfekte paartjie en Losbol se moses.
Book cover of Troukoek maak nie vet nie
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: August 31, 2011

Dixie speel wedding planner, maar eintlik dink sy die huwelik is ’n siek grap. Mans is flippen useless. Selfs haar pa blowdry sy hare en verbeel hom hy speel in The Bold and the Beautiful. Dixie het gedink Kurt sal met haar trou as sy lank genoeg sy sokkies onder die bed uit grawe, maar vir “tot...
Book cover of Hartklop Omnibus 1
by Malene Breytenbach, Kristel Loots, Rykie Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder...
Book cover of 'n Perfekte paartjie
by Kristel Loots
Language: English
Release Date: January 4, 2014

Philip Marais is 'n man wat op sy rekenaar kan werk, sy das kan knoop en bevele aan sy ondergeskiktes kan gee met die draai van sy oe ... Maar geld kom eerste in sy lewe en die vrou wat hom wil he, moet daarmee saamleef.
Book cover of Sushi en sjampanje
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: November 20, 2013

Jacki loer skelm na trourokke, maar sy’s nie desperaat nie, nooit! Wanneer sy en Pulani Facebook inspan om haar verloofde (en baas) Gary te ontbloot vir die flippen fake wat hy is, raak sake lelik. Nou sit Jacki sonder iemand om te cuddle, sonder ’n werk en sonder ’n bed. Tamatiestraat. Haar...
Book cover of 'n Hap van die appel
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 20, 2012

Maxie van der Merwe is van die lipstiek-en-stiletto-generasie. Sy was ’n Facebook-flerrie van formaat, en ’n groot feminis, maar toe ontmoet sy vir vervelige Gustav. En al is sy nie ’n domestic goddess se watsenaam nie, wil sy vreeslik graag trou, al vandat sy ontdek het daar is kinders wat...
Book cover of Dokter van drome
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak…
Book cover of Engel van my hart
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 30, 2013

In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete . . .
Book cover of Voorskrif vir die hart
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk...
Book cover of Vet feetjies vlieg nie
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2017

As Lucy Lombaard in Rubens se tyd geleef het, was sy met haar ronde lyf ’n gesogte skoonheid. Maar nou leef sy in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir Jan Taks by Bellville se SARS-kantoor te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. In Lucy se lyf klop daar die hart...
Book cover of Dokter van harte
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. “My hart,” sou sy vir hom kon sê as hy haar sou vra, “is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou.” Luca de Wet duik orals op, maar...
Book cover of ’n Ander vrou se rok
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: November 3, 2015

Zia is nie ’n natuurlike blondine nie, maar sy doen haar bes om funky te wees. Sy dra way-out tweedehandse ontwerpersklere wat sy by liefdadigheidswinkels koop. Dis net dat ’n ander vrou se rok nie aldag so lekker aan haar lyf of in haar lewe pas nie. Want Zia bars uit haar nate op meer as een...
12
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy