Die groot temas van die Nuwe Testament is nie veronderstel om op hul eie ondersoek en verstaan te word nie. In ONTDEK DIE BOODSKAP VAN DIE NUWE TESTAMENT bespreek Jan van der Watt en Francois Tolmie die hoofmomente van die Nuwe Testament een vir een; op só ’n manier dat ’n leser ontdek wat die Nuwe Testament vandag vir gelowiges te sê het. In die eerste hoofstuk word gewys hoe die Nuwe Testament aansluit by en voortbou op belangrike gedagtes wat ’n mens reeds in die Ou Testament kry. Daarna volg ’n omvattende verkenning van die belangrike sake in die Nuwe Testament, soos: • Wie is God en wat doen Hy? • Hoe lyk die mens en die wêreld waarin hy leef? • Hoe moet gelowiges in die praktyk leef? • Wat doen die Heilige Gees alles? • Wat vertel die Nuwe Testament oor die einde? ONTDEK DIE BOODSKAP VAN DIE NUWE TESTAMENT ondersoek hoe die temas van die Nuwe-Testamentiese boodskap ineenskakel en uiteindelik ’n verstaanbare geheelbeeld vorm.