Struik Christian Media imprint: 225 books

by Angelique du Toit
Language: Afrikaans
Release Date: July 1, 2017

Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid? Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om ál meer en meer vir jou werk—en ander mense—te gee, dikwels ten koste van...

Jy is 'n held

Wat elke pa behoort te weet

by John Eldredge
Language: Afrikaans
Release Date: February 10, 2012

Die meeste seuntjies droom daarvan om avontuur te beleef; Maar wanneer hulle grootword, word hulle toegegooi onder allerhande pligte en verwagtings, en worstel hulle onder die druk van wat van hulle verwag word: om ’n goeie dienaar, man en pa te wees. Jy is ‘n held! wys waarom God die enigste Een is wat daardie begeertes vol¬maak kan bevredig.

Naby God

Bou 'n intieme vriendskap met Jesus

by John Eldredge
Language: Afrikaans
Release Date: January 13, 2012

God verlang daarna om met ons te praat, en dit is ons voorreg om sy stem te hoor. In God se teenwoordigheid vind ons die vervulling van ons diepste verlangens. Tog is daar ‘n groeiende onvergenoegdheid onder gelowiges wat voortspruit uit ‘n gebrek aan intimiteit met God. Hoe kom ons egter daar uit?...
by John Eldredge
Language: Afrikaans
Release Date: November 5, 2011

In Geliefde rebel doen Eldredge weg met die tipiese stereotipe sienings oor Jesus soos wat hy in Die ongetemde hart gedoen het om waarheid oor manlikheid te openbaar. In sy gemaklike geselstrant onthul hy die ware Jesus, wat daarvan beskuldig is dat hy misdaad gepleeg het en twyfelagtige vriende gehad...

Vry om te leef

Beleef die volkome verligting van heiligheid

by John Eldredge
Language: Afrikaans
Release Date: May 1, 2013

Vry om te leef, bied topverkoperskrywer John Eldregde waardevolle riglyne vir ’n lewe waarin lesers nooit weer met hierdie gevoelens en gedagtes hoef te worstel nie. Volgens Eldredge smag ons almal na heiligheid, of ons daarvan bewus is of nie. Ons siele verlang na ’n gevoel van heelheid, en goedheid...

Die groot liefdesverhaal

Leef uit die oorvloed van God se hart

by John Eldredge
Language: Afrikaans
Release Date: December 19, 2011

Van ons kinderdae af nooi iets of Iemand ons harte om saam te kom op ‘n ontdekkingsreis. Dit is ‘n reis vol diepte, avontuur en skoonheid, maar soos enige verhaal bevat dit ook ‘n besliste gevaarelement. As jy hierdie fluisterroep ignoreer, word jy lewend dood, afgesonder van die diepste deel van...

Die hart

Begeerte en Ontwaak uit die dood Omnibus

by John Eldredge
Language: Afrikaans
Release Date: January 13, 2012

Twee van John Eldredge se gewildste boeke – Begeerte (voorheen uitgegee as Jy is bestem vir meer) en Ontwaak uit die dood! Is nou beskikbaar in een omnibus. In Begeerte wys Eldredge ons daarop dat begeerte nie iets is wat onderdruk moet word nie. Dit is deur God self in ons harte geplaas en Hy wil...

Daaglikse wysheid vir leiers

365 Dagstukkies vir leiers

by John C Maxwell
Language: Afrikaans
Release Date: October 5, 2011

Hulle sê die noordewind het geboorte gegee aan die Wiking, en dit beskryf ’n belangrike beginsel vir elke potensiële leier. Die beste leiers word gevorm deur die uitdagings wat oor hul pad kom. Die pad van leierskap is dikwels vol onverwagte verrassings. Daarom verg dit wysheid om te weet hoe om,...

Die avontuur van ouerskap (eBook)

Vorm lewens, bou 'n erfenis

by Mandi Hart
Language: Afrikaans
Release Date: June 1, 2017

Die avontuur van ouerskap is 'n splinternuwe boek deur 'n Suid-Afrikaanse skrywer en berader, Mandi Hart. Hierdie eietydse gids vanuit eie bodem bied praktiese raad oor ouerskap vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief. As ouerskap 'n avontuur-sport was, sou dit beslis die sport gewees het wat die meeste...
by Nina Smit
Language: Afrikaans
Release Date: February 10, 2012

God is liefde – elke Christen ken, glo en onderskryf hiedrie feit heelhartig. Tog kom daar dae in ons almal se lewe dat ons ‘n vraagteken agter hierdie stelling wil plaas. Is God liefde? Hoe kan ‘n mens ‘n God van liefde rym met dinge soos hongersnode, ongelukke, siektes, armoede, oorloë, haat,...

Leef in God se liefde

365 Dagstukkies

by Nina Smit
Language: Afrikaans
Release Date: November 24, 2011

365 inspirerende dagstukkies deur Nina Smit. Leer elke maand meer oor ’n ander aspek Christen-wees en ontdek hoe om elke dag van jou lewe te leef vanuit God se liefde vir jou. Onderwerpe sluit in: • Lééf vir God • Dra vrug! • Verheerlik God • Lofpsalms • Oorgawe • Die rustigheid wat God...
by Nina Smit
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

‘Op die skoon blaadjie van die nuwe dag kan jy self besluit wat jy wil skryf.’ In haar praktiese, bemoedigende styl spoor Nina Smit lesers aan om elke dag voluit te lewe en geen kans onbenut te laat nie. Elke dag ’n nuwe begin bevat 365 bondige dagstukkies met inspirasie vir elke seisoen van jou...

Vind rus in God se liefde

365 Dagstukkies

by Nina Smit
Language: Afrikaans
Release Date: September 5, 2012

365 inspirerende dagstukkies deur Nina Smit. Elke maand dek ’n ander onderwerp wat die leser sal help om te verstaan wat dit beteken om elke dag waarlik rus te vind in God se getroue liefde vir ons. Onderwerpe sluit in: • vertroue • Blydskap • Beskerming • Geloof • Troos • Dankbaarheid...
by Nina Smit
Language: Afrikaans
Release Date: August 5, 2012

‘Blydskap is die vlag wat op die kasteel wapper om te wys dat die Koning tuis is.’ Nina Smit moedig lesers aan om hul geloof vreugdevol uit te leef op haar kenmerkende, praktiese manier waarmee elke leser sal kan identifi seer. Lewe met vreugde bevat inspirerende oordenkings vir elke seisoen van...
First 3 4 5 6 7 8 910 11 12 13 14 15 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy