Twee van John Eldredge se gewildste boeke – Begeerte (voorheen uitgegee as Jy is bestem vir meer) en Ontwaak uit die dood! Is nou beskikbaar in een omnibus. In Begeerte wys Eldredge ons daarop dat begeerte nie iets is wat onderdruk moet word nie. Dit is deur God self in ons harte geplaas en Hy wil hê ons moet daardie begeertes vervul. John Eldredge wil jou die moed gee om waters aan te durf waar God jou begeertes sal herstel en in besit sal neem. In Ontwaak uit die dood! herinner Eldredge ons aan wat Jesus gese het: ‘Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.’ Dit is God se belofte aan ons – die aanbod van Christenwees in ruil vir ons troostelose lewens. Eldredge wys jou in Ontwaak uit die dood! hoe jy die lewe wat God jou beloof het, kan leef. God wil jou heelmaak, vrymaak en jou ten volle laat leef. John Eldredge herinner ons in albei hierdie boeke hoe kosbaar ons harte is en moedig ons aan om weer na die lewe te soek waarvan ons eens gedroom het.