Elsa Winckler: 36 books

Book cover of Blameer die skoenlapper
by Elsa Winckler
Language: English
Release Date: January 15, 2018

josh het nie hiervoor gevra nie. hy neem vroumense uit en hy hou van hulle. sodra hulle oor babatjies begin koer en vassteek voor juwelierswinkels, groet hy egter. maar nou het hy catharien ontmoet en hy wil bly ...
Book cover of Ultrasatyn 2 in 1
by Elsa Winckler, Collette Berg
Language: Afrikaans
Release Date: October 30, 2014

Sophie en Sophia was die wenverhaal in NB-Uitgewers se Ultrasatyn-wedstryd vir superstomende liefdesverhale wat die sensuele besing. Reëls van die spel was die naaswenner. Reëls van die spel: Twee jaar gelede was Lukas die onweerstaanbare dosent wat Leila se hart gebreek het. Sy was naïef en onervare...
Book cover of Liefde deur ’n lens
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2016

Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit...
Book cover of Omdat jy jy is
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2017

Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar...
Book cover of Tydlose liefde
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2014

Kalinda het uit Toronto gekom om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog. Sy’s twee jaar terug van Neil geskei en het Suid-Afrika agtergelaat vir ’n nuwe lewe, maar noudat sy terug is in die land, onthou sy opnuut sy dreigende laaste woorde aan haar . . . Maar vir eers...
Book cover of Omdat jy my liefhet
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2018

Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer...
Book cover of Ultrasatyn 3
by Elsa Winckler, Lucille Du Toit
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2018

“Sy vingers troetel en liefkoos haar totdat ’n storm haar optel en laat wegtol in ’n draaikolk van geure en teksture en passie.” In Syne vir altyd moet Gideon en Bianca mekaar weer in die oë kyk ná hul kaskenades tydens ’n verlowingspartytjie. Nie een van die twee soek ’n langtermynverhouding...
Book cover of 'n Brief vir Reina
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2018

Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar 'n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van 'n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde...
1 2 3
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy