Lokstem van die liefde

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Lokstem van die liefde by Schalkie van Wyk, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Schalkie van Wyk ISBN: 9780624075448
Publisher: Tafelberg Publication: October 6, 2015
Imprint: Melodie Language: Afrikaans
Author: Schalkie van Wyk
ISBN: 9780624075448
Publisher: Tafelberg
Publication: October 6, 2015
Imprint: Melodie
Language: Afrikaans

Louise Barnard is in die wolke wanneer haar vriend, die aantreklike, skatryk Eben Griesel vir haar die woonstel wat hy vir hulle uitgesoek het gaan wys. Mevrou Louise Griesel, mymer sy, drome wasig in haar oë terwyl sy opkyk na Eben wat langs haar in die hysbak staan. Sy glimlag met hom. Hy het reeds hulle woonstel gekies, hoewel hulle nog nie op 'n troudatum besluit het nie. Maar só het sy Eben die afgelope maande leer ken. Hy dink aan die praktiese dinge en 'n woonplek sal beslis vir hom van groter belang wees as al die beplanning en gepraat en bespiegelinge oor 'n geskikte troudatum en hoe groot die huweliksonthaal gaan wees. Net 'n paar minute later, in dieselfde woonstel waaroor Louise so baie drome gedroom het, spat haar hele wêreld erger aan skerwe. Eben het beslis nie aan die beplanning óf 'n geskikte datum vir hulle huwelik gedink nie. Tewens, niks was verder uit sy gedagtes verwyder as juis ‘n huwelik met Louise nie. Sy idee was suiwer dat hy en sy moes saambly – soos sy antwoord op haar weersin dan ook getuig – “Genugtig, Louise, trou is so uit die mode soos Kersvader en Kerskabouters!” het hy gesmaal terwyl sy so vinnig moontlik van hom af probeer wegvlug het. Met haar vertroue in mans geheel en al vernietig, besluit Louise om uit Johannesburg pad te gee. Sy moet wegkom van Eben af . . . van die smet wat sy idees in haar binneste gelos het, en die huis wat haar moeder kort gelede van haar tant Ragie de la Rey op Rheedershoop geërf het, bied aan haar ‘n salige heenkome. Maar Louise het nie rekening gehou met die ander De la Reys van Rheedershoop nie. Met Lafras, die breedgekouerde padbou-ingenieur met die gesig wat lyk of dit uit graniet gebeitel is nie. Ook nie met Theresa Hattingh, die skatryk, suksesvolle, talentvolle, aantreklike vrou, soos iemand haar aan Louise beskryf het, wat Lafras de la Rey vir haarself toegeëien het, of met Belinda, die agtienjarige prikkelpop op wie Lafras ooglopend op sý beurt verlief is nie. Wanneer, o wanneer, so het Louise se hart telkens geweeklaag, sou die lokstem van die liefde háár weer roep. Wanneer . . .?

More books from Tafelberg

Cover of the book Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see by Schalkie van Wyk
Cover of the book 'n Stukkie van jou hart by Schalkie van Wyk
Cover of the book Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) by Schalkie van Wyk
Cover of the book Hitler, Verwoerd, Mandela and me by Schalkie van Wyk
Cover of the book Keerkring van die hart by Schalkie van Wyk
Cover of the book Die winskopie by Schalkie van Wyk
Cover of the book Vurig op Flaminkevlei by Schalkie van Wyk
Cover of the book Jakkalswater by Schalkie van Wyk
Cover of the book Hart van die son by Schalkie van Wyk
Cover of the book The Fox Trilogy by Schalkie van Wyk
Cover of the book Tafelberg Short: The Politics of Pregnancy by Schalkie van Wyk
Cover of the book Winde van herinnering by Schalkie van Wyk
Cover of the book Sarah du Pisanie Omnibus 11 by Schalkie van Wyk
Cover of the book Dans van die sterre by Schalkie van Wyk
Cover of the book Ena Murray Omnibus 33 by Schalkie van Wyk
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy