Kinders het liefde nodig. Ouers het respek nodig. Dit is so eenvoudig en soms tog so moeilik! Kinders wat voel hul ouers het hulle nie lief nie, tree sonder respek op. Ouers wat nie gerespekteer word nie, reageer dikwels op maniere wat hul kinders ongeliefd laat voel. En dit lei onvermydelik tot die ‘gesinskonflik-kringloop’. In Liefde en respek in die gesin bied die bekende dr. Emmerson Eggerichs praktiese riglyne om hierdie bose kringloop in die gesin te verbreek en ’n gesonde gesinsdinamiek te vestig. Liefde en respek in die gesin bevat ook insette van dr. Eggerichs se vrou en hul drie volwasse kinders waar hulle eerlik gesels oor die positiewe sowel as die negatiewe aspekte van hul gesinslewe. In hierdie boek sal jy leer om: liefde en respek as basiese gesinsbehoeftes te beskou die konflik-kringloop te verbreek ses Bybelse beginsels toe te pas om jou kinders te bemagtig uittartende gedrag aan te spreek en kinderagtige gedrag oor te sien volwassenheid aan die dag te lê as ’n span te werk en ’n liefdevolle ouer in God se oë te wees, ongeag jou kind se reaksie. Gesonde, lewe-gewende gesinsverhoudings is moontlik! Met behulp van die Bybelse riglyne wat dr. Eggerichs uiteensit, kan jy die konflik in jou gesin ontlont, jou kinders motiveer om gehoorsaam te wees en jou gesin lei soos wat die Bybel ons leer.