Tafelberg: 581 books

Cover of Omdat jy my liefhet
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2018

Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer...
Cover of Ultrasatyn 3
by Elsa Winckler, Lucille Du Toit
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2018

“Sy vingers troetel en liefkoos haar totdat ’n storm haar optel en laat wegtol in ’n draaikolk van geure en teksture en passie.” In Syne vir altyd moet Gideon en Bianca mekaar weer in die oë kyk ná hul kaskenades tydens ’n verlowingspartytjie. Nie een van die twee soek ’n langtermynverhouding...
Cover of Elsa Winckler Eerste Keur
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: May 6, 2018

In ​Van altyd af ​vertrou Reynecke nie Cilla se intuïtiewe benadering met diere nie. Sy krap ook al sy vooropgestelde idees oor die lewe om. Aileen kan nie wag om haar pâtisserie se deure oop te maak in ​Te eenders, te anders. Allen Muir, die eienaar van die perseel, is egter ’n onwelkome...
Cover of Hartklop Omnibus 1
by Malene Breytenbach, Kristel Loots, Rykie Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder...
Cover of Susanna M Lingua-keur 15
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: March 22, 2011

In Rista ontmoet die hoofkarakter vir Pieter, ’n prokureur wat op haar verlief raak. Sy voel egter nie dieselfde oor hom nie, en hy probeer selfmoord pleeg. Pieter se broer Chris sweer dadelik wraak teen die meisie wat vir sy broer se ongeluk verantwoordelik is. Maar dan raak ook hý verlief op...
Cover of Bloudruk vir die liefde
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen,...
Cover of Dokter met die X-faktor
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: November 25, 2014

Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste...
Cover of Onverwags myne
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2018

Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans...
Cover of Chirurg van harte
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: November 6, 2017

Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans, eers nadat sy als wat sy kán by hom geleer het. Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer...
Cover of Liefde onder die sterre
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2012

Lisa het Karoo toe gekom om haar vriendin Tillie deur ’n moeilike swangerskap by te staan. Dis al. Sy hou niks van die stowwerige Karoo nie, en sy’t allermins hierheen gekom op soek na ’n man – sy’t immers onlangs eers ontslae geraak van haar vatterige verloofde. Tillie se buurman en haar...
Cover of Middernagmusiek
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

Isolde Harmse is desperaat om te vlug nadat haar obsessiewe eksman, Reghardt, weereens uitgevind het in watter dorpie sy wegkruip. Dan daag Hugo Barnard, die beroemde kletsrymer wat onder die verhoognaam Adonis optree, by haar masseerpraktyk op en toe hy hoor hoe Reghardt haar oor die foon dreig,...
Cover of Hartklop Omnibus 2
by Amelia Strydom, Malene Breytenbach, Vera Wolmarans
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2016

In Droomdokter moet vroedvrou Mila Mouton haar Aktiewe Geboorte-eenheid se deure sluit, en dit blyk dat haar aantreklike buurman by dié besluit betrokke is. In In jou hande lê Michelle Judson ná ’n motorongeluk hulpeloos in ’n hospitaal. Al ligpunt is die deernisvolle ortopediese chirurg Douw...
Cover of Ridder in 'n wit jas
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: July 7, 2014

Carli het die werk by die mobiele kliniek bitter nodig. Haar suster en swaer se dood beteken sy moet baie vinnig werk en goedkoop blyplek vind, en die Karoo bied albei. Dít en herstelkans van die trauma van haar suster se “ongeluk”. Maar op die plaas Sielerus aangekom, loop dinge dadelik skeef....
Cover of Bella se skaduwee
by Amelia Strydom
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Toe Bella du Toit haar “skaduwee” sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is ’n gawe, vaal omie met ’n boepens en ’n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet...
First 26 27 28 29 30 31 3233 34 35 36 37 38 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy