Hartklop imprint: 35 books

by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 30, 2013

In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete . . .
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk...
by Kristel Loots
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. “My hart,” sou sy vir hom kon sê as hy haar sou vra, “is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou.” Luca de Wet duik orals op, maar...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Laura het onlangs weduwee geword, en die Russiese skeepsreis na St. Petersburg was veronderstel om haar wonde te help heel. In plaas daarvan is daar die sjarmante dog lastige skeepsdokter Andrei en haar ontstemmende Ierse reisgenote, en veral Kyle Barrymore met sy bloubloed-verloofde. Maar ná die...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: October 8, 2018

Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit blyk dat hy so min as moontlik met dié rykmanskind en haar gesin te doen wil hê. Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie....
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: October 6, 2017

Geert Bouwman kom vir ’n paar maande op Stellenbosch locum. Die Nederlander is nie ’n maklike mens nie en teatersuster Naomi Roux is nie op haar mond geval nie. Dis nie haar verantwoordelikheid om na hom om te sien terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: December 12, 2013

Wanneer Irene Basson, ’n bekwame jong psigiater van Kaapstad, deur haar baas, Nicholas Barton, kleinseun van die skatryk Georgios Nikos, gevra word om ’n posisie te aanvaar by sy familie se nuwe luuksekliniek op ’n Griekse eiland, stem sy ná oorweging in – wie sal só ’n glansryke lewe...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2012

Nuweling-skeepsverpleegster Justine was allermins op ’n manvang-missie toe sy die pos op die luukseskip die Moon Goddess aanvaar het. Sy wil ’n bietjie die wêreld sien en interessante mense ontmoet – en, as sy eerlik is, ontsnap van haar dokter-eks, Jacques. Maar wat gebeur sodra sy aan boord...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2016

Vyf jaar nadat Carly O’Neill in diens van Dokters Sonder Grense vir dokter Colin Mackenzie met sy priemende blou oë, breë skouers en Skotse aksent ontmoet het, kruis hulle paaie weer. Colin het intussen die titel van Hertog van Seaforth geërf en daarmee saam die Strahan-kasteel in Ross-shire,...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2011

By ’n gedenkdiens vir Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi. Hy is op besoek in die land en ná ’n kort kennismaking moet hy terug Italië toe. Maar nie voordat Rafaella en haar ouers na sy familielandgoed op die...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Lucinda O’Neill het destyds in die weeshuis al geweet sy wil pediater word. Toe sy ’n pos by die Wynland Kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied word, bring dit ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder storie agter sy suksesvolle uiterlike lê.
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die jong fisioterapeut Michelle Judson beseer haar hande in ’n ernstige ongeluk wat haar vriendin, Sunette, in ’n koma laat. Met elke operasie wat sy ondergaan, word Michelle meer depressief, want dit was sý wat die motor bestuur het.  Gelukkig het dokter Douw Hefer, haar chirurg, verbasende...
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: August 30, 2014

Jong dokter Naomi Harker doen aansoek om werk op ’n mobiele oogkliniek, en reeds tydens haar onderhoud is sy diep aangetrokke tot die trein se hoofspesialis, die uiters aantreklike Tony Baxter. Sy is verheug toe sy gekeur word, maar van meet af aan is daar wrywing op die oogtrein: Naomi se eks werk...
1 23
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy