Wilna Adriaanse: 10 books

Book cover of Wilna Adriaanse-omnibus 3
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 8, 2011

In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken...
Book cover of Wilna Adriaanse-omnibus 1
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In ’n Ongewone belegging besluit Georgina Walters om kinderoppasser te speel vir ’n baie welgestelde man se drie spruite. Net jammer die man – donker, met rookgrys oë wat haar laat stotter – dink nie sy’s opgewasse vir die taak nie. Of speel hy doelbewus kat en muis met haar? In Alleenvlug...
Book cover of Wilna Adriaanse-omnibus 2
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In ’n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit ’n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags...
Book cover of Dubbelspel
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

Hulle is almal in die land. Die Italianers met hulle Mafia-verbintenisse, die Chinese triades, die Nigeriërs, die Russe, Koreane, Indiërs, die hele lot, en dan natuurlik nog die plaaslike ouens ook. Niemand is hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke...
Book cover of Met ander woorde
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: March 15, 2014

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure onder ’n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan glad nie onthou wat met haar gebeur het nie. Daar is ook geen logiese verklaring vir die drastiese...
Book cover of Eindspel
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: February 17, 2017

Ellie gewaar hulle in die truspieëltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. ’n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in ’n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei...
Book cover of Rebecca
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

Op vyf en twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts.  Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner.  Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk.  Verkieslik...
Book cover of Die boek van Ester
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die...
Book cover of Vier seisoene kind
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en...
Book cover of 'n Klein lewe
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

Die fassinerende verhaal van ’n vrou wat in die laat vyftigerjare in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die sewentiger- en tagtigerjare en die ingrypende sosio-politieke veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor...
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy