Malene Breytenbach: 27 books

Book cover of Hartstog op see
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2012

Nuweling-skeepsverpleegster Justine was allermins op ’n manvang-missie toe sy die pos op die luukseskip die Moon Goddess aanvaar het. Sy wil ’n bietjie die wêreld sien en interessante mense ontmoet – en, as sy eerlik is, ontsnap van haar dokter-eks, Jacques. Maar wat gebeur sodra sy aan boord...
Book cover of Grenslose liefde
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2016

Vyf jaar nadat Carly O’Neill in diens van Dokters Sonder Grense vir dokter Colin Mackenzie met sy priemende blou oë, breë skouers en Skotse aksent ontmoet het, kruis hulle paaie weer. Colin het intussen die titel van Hertog van Seaforth geërf en daarmee saam die Strahan-kasteel in Ross-shire,...
Book cover of Dokter van ver
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2011

By ’n gedenkdiens vir Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi. Hy is op besoek in die land en ná ’n kort kennismaking moet hy terug Italië toe. Maar nie voordat Rafaella en haar ouers na sy familielandgoed op die...
Book cover of Vlug na Santorini
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: January 6, 2018

Na ’n traumatiese voorval met haar eks, verlang Erika na ’n ver plek waar mense haar veilig sal laat voel. Sy besluit om rus vir haar siel te gaan soek by haar familie in Santorini. Sy’t skaars haar voete op die eiland gesit toe sy hom sien: ’n Griekse god met ’n lenige lyf, breë skouers...
Book cover of Heler van skade
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Lucinda O’Neill het destyds in die weeshuis al geweet sy wil pediater word. Toe sy ’n pos by die Wynland Kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied word, bring dit ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n...
Book cover of Hoe kwesbaar die hart
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder storie agter sy suksesvolle uiterlike lê.
Book cover of In jou hande
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die jong fisioterapeut Michelle Judson beseer haar hande in ’n ernstige ongeluk wat haar vriendin, Sunette, in ’n koma laat. Met elke operasie wat sy ondergaan, word Michelle meer depressief, want dit was sý wat die motor bestuur het.  Gelukkig het dokter Douw Hefer, haar chirurg, verbasende...
Book cover of Met die oog op liefde
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: August 30, 2014

Jong dokter Naomi Harker doen aansoek om werk op ’n mobiele oogkliniek, en reeds tydens haar onderhoud is sy diep aangetrokke tot die trein se hoofspesialis, die uiters aantreklike Tony Baxter. Sy is verheug toe sy gekeur word, maar van meet af aan is daar wrywing op die oogtrein: Naomi se eks werk...
Book cover of Dokter sonder grense
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk.  Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor.   Clare weet dat Nick se enigmatiese...
Book cover of Roep van die woestynwind
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Doktor Denise Barry, dosent in Ou Nabye Oosterse Studie, se verhouding met die argeoloog Dale Peters was nog altyd besonder ingewikkeld. Met sy vertrek na die Midde Ooste het hy hulle verhouding summier verbreek. Maar toe Denise die geleentheid kry om die antieke Nabatese stad Petra, waar Dale is,...
Book cover of Pluimprinse
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Wanneer Olivia Bailey in haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy “om afstand te probeer verkry” – nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om heen te gaan, om weer “heel te word”, is haar ouma se huis op...
Book cover of Sophia se beskermengel
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: May 6, 2018

Sophia Joubert en haar skoonfamilie keer terug na die verwoeste familieplaas na afloop van die Anglo-Boereoorlog. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed. Haar eerste...
Book cover of My redder, my beminde
by Malene Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

Die beeldskone Adela Morgan staan aan die begin van ‘n belowende loopbaan as aktrise in Brittanje, maar dan gebeur iets wat haar toekoms kan kelder. Haar mede-akteur ry byna ‘n ruiter raak en bots sy sportmotor, met Adela in die passasiersitplek, teen ‘n boom. Adela is beseer en het ’n diep...
1 2
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy