Anita Du Preez: 14 books

Book cover of Satyn Omnibus 2
by Helena Hugo, Ettie Bierman, Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding...
Book cover of Hermien en die hartedief
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar...
Book cover of Letitia en die lektor
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2016

Letitia le Roux vererg haar bloedig toe sy sien hoe Chris Swart, die nuwe lektor by die kollege waar sy werk, een van haar studente se pogings as ’n voorbeeld van swak ontwerp aan sy klas voorhou. Die arrogante vent moet hom by sy digitale vakke bepaal en die tradisionele dissiplines soos skilder...
Book cover of Margot en die meerman
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Margot Lombard is ʼn “koue vis”, of so het sy al self begin glo. Nadat sy haar M.A. in Musikologie voltooi het, gaan hou sy vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar graad cum laude verwerf...
Book cover of Bambi en die boef
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: August 24, 2011

Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie – nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin ’n guns probeer doen!Maar sjoe, die Met-man...
Book cover of Donna en die droomman
by Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: March 22, 2015

Donna Ferguson is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer sy by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy soen hom sowaar in die galery se tuin. Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar...
Book cover of Satyn Omnibus 6
by Ettie Bierman, Anita Du Preez, Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2017

In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder....
Book cover of Satyn Omnibus 7
by Ettie Bierman, Lizet Engelbrecht, Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2018

In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas hê nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter...
Book cover of Satyn Omnibus 8
by Ettie Bierman, Anita Du Preez, Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: February 11, 2019

Nikka weet Ruan het haar steeds lief in Anderkant die volmaan. Tog wil hy nou van haar skei. Moet sy vir hom wag of eerder haar ou vriend Thys ’n tweede kans gee? In Bambi en die boef kan Bambi nie besluit by wie haar hart hoort nie: Louis, oor wie sy onsmaaklike dinge lees, óf die betroubare Bertus?...
Book cover of Die wet van die liefde
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Danielle Malan is ‘n vurige vegter vir vroueregte, bekwame egskeidingsprokureur en vennoot van Marais, Malan en Boshof. Niemand sê haar voor nie en sy haat veral ontroue mans. Alles omtrent haar is strek onder beheer. Of so het sy gedink, totdat vervlakste Naudé Boshof sy lang lyf in die kantoor...
Book cover of Lydia en die loodgieter
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: December 20, 2012

"Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van...
Book cover of Dokter Dierbaar
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen.  Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini.  Sy sal nie maklik vir die skade kan...
Book cover of Marlene en die macho man
by Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2017

Van hul skooldae af het almal gedink dat Marlene Burger en Tom Lourens vir mekaar bestem is. Maar Marlene, met haar voorliefde vir avontuur en adrenalien, wou haar nie vroeg reeds aan ’n rustige huislike bestaan bind nie. Nee, sy het luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD geword, haar plek...
Book cover of Fransi en die filmster
by Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: January 7, 2019

Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou. Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is – nonsens. Sal die bekende...
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy