Daar is min boeke in die Bybel so aangrypend soos die Psalms. Lesers kan nou op ’n wonderlike reis van 101 dae deur die Psalms vertrek met Johan Smith se nuwe dagboek oor hierdie spesiale Bybelboek. 101 DAE VAN LOF is spesifiek op volwassenes gemik en bestaan uit ’n Skrifgedeelte uit DIE BOODSKAP, ’n oordenking, inspirerende aanhaling en ’n gebed vir elke dag. ’n Wye verskeidenheid temas lei lesers in hul daaglikse wandel: Kies jou vriende reg, lof aan God, God is altyd daar om jou te help, hoop, vergifnis, dankbaarheid, vind jou vreugde in God en tel jou woorde. Die boek sluit af met ’n bladsy vir lesers om hul eie lofpsalm te skryf. Elke persoon sal hierdie dagboek geniet en kan weet dat die Here hulle spesiaal liefhet.