Duiwelskloof

Fiction & Literature
Cover of the book Duiwelskloof by André P. Brink, Human & Rousseau
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: André P. Brink ISBN: 9780798158640
Publisher: Human & Rousseau Publication: February 8, 2005
Imprint: Human & Rousseau Language: Afrikaans
Author: André P. Brink
ISBN: 9780798158640
Publisher: Human & Rousseau
Publication: February 8, 2005
Imprint: Human & Rousseau
Language: Afrikaans

In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het ’n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, ’n eeu en ’n half later, bring ’n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot ’n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner – ’n vuil-uil met ’n mislukte huwelik, ’n mislukte loopbaan en ’n mislukte lewe agter hom – wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin. Oor ’n man wat sewentien kinders op sy teenstander se graf verwek het. ’n Vrou wat met volmaan in ’n bokooi verander. ’n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in ’n boksie teruggebring het. ’n Man wat deur ’n swerm voëls hemel toe getrek is. ’n Meisie met vier borste . . . En daar is die mense van vandag: Soon Heilig wat die koolkoppe in hulle verdoemenis in preek, Smeed Smit wat probeer om ’n nagmerrie te beslaan, Ouma Liesbet Pruim wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar moet kom haal, Hans Toordenaar met sy gevaarlike gawe oor ander se lewens, Tant Poppie Vollemaan met haar rate vir enigiets behalwe die dood, Henta Voorperske met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans. En dan die raaiselagtige Emma wie se lewe met Flip Lochner s’n deurmekaar raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.Onbeteuelde humor, ’n onheilspellende opbou van bose magte, ’n wemeling van stories, ’n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, ’n hellevaart, ’n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, ’n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding . . . dit alles is Duiwelskloof.  Die roman is in 1999 bekroon met die W.A Hofmeyrprys.

More books from Human & Rousseau

Cover of the book 'n Vonk van liefde by André P. Brink
Cover of the book Donkermaan by André P. Brink
Cover of the book Helene de Kock Omnibus 6 by André P. Brink
Cover of the book 150 Stories by André P. Brink
Cover of the book Geskenk uit die hemel by André P. Brink
Cover of the book Die Potlooddief en die engel by André P. Brink
Cover of the book Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) by André P. Brink
Cover of the book Face-Off by André P. Brink
Cover of the book Bewys van liefde by André P. Brink
Cover of the book Tryna du Toit-omnibus 2 by André P. Brink
Cover of the book Die blou uur by André P. Brink
Cover of the book Sewende somer by André P. Brink
Cover of the book 'n Nuwe begin by André P. Brink
Cover of the book Skemerspel by André P. Brink
Cover of the book Tiendes van silwer by André P. Brink
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy