Satyn imprint: 71 books

by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: December 20, 2012

"Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van...
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen.  Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini.  Sy sal nie maklik vir die skade kan...
by Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2017

Van hul skooldae af het almal gedink dat Marlene Burger en Tom Lourens vir mekaar bestem is. Maar Marlene, met haar voorliefde vir avontuur en adrenalien, wou haar nie vroeg reeds aan ’n rustige huislike bestaan bind nie. Nee, sy het luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD geword, haar plek...
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Koeksisters en kolwyntjies, melktert en pampoendol, rosynebrood, suikerbolletjies, lallimala, tameletjies, alles afgesluk met plaaslike wyne of Turkse koffie – dít is wat Sharise van Harte se teekamer jou bied. Want Sharise het met kos grootgeword. Na die dood van haar man was sy verplig om uit...
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: March 21, 2011

Paulie Hopkins het twee probleme: haar doktorsgraad wat sy moet afhandel en haar verloofde, dokter Lüther Meyerhoff. Van hierdie twee ag sy eersgenoemde verreweg die belangrikste, want daar lê vir hulle drie weke se veldwerk en insekte versamel op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar assistent...
by Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: January 7, 2019

Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou. Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is – nonsens. Sal die bekende...
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2016

Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit...
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2017

Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar...
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2014

Kalinda het uit Toronto gekom om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog. Sy’s twee jaar terug van Neil geskei en het Suid-Afrika agtergelaat vir ’n nuwe lewe, maar noudat sy terug is in die land, onthou sy opnuut sy dreigende laaste woorde aan haar . . . Maar vir eers...
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2018

Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer...
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: May 6, 2018

In ​Van altyd af ​vertrou Reynecke nie Cilla se intuïtiewe benadering met diere nie. Sy krap ook al sy vooropgestelde idees oor die lewe om. Aileen kan nie wag om haar pâtisserie se deure oop te maak in ​Te eenders, te anders. Allen Muir, die eienaar van die perseel, is egter ’n onwelkome...
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen,...
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2018

Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans...
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2012

Lisa het Karoo toe gekom om haar vriendin Tillie deur ’n moeilike swangerskap by te staan. Dis al. Sy hou niks van die stowwerige Karoo nie, en sy’t allermins hierheen gekom op soek na ’n man – sy’t immers onlangs eers ontslae geraak van haar vatterige verloofde. Tillie se buurman en haar...
1 2 3 45 6
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy