Satyn imprint: 71 books

by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 13, 2011

Dit het alles begin met ’n waterpyp wat die nuwe buurman in sy tuin raakgespit het terwyl Erin besig was om haar hare te kleur. Die gebleikte haardos was ’n ramp en haar eerste ontmoeting met Francois ’n fiasko. Die vlaswit hare kon sy mettertyd aanvaar. Maar die skade wat die verleidelike Bolander...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: August 30, 2014

Jong onderwyseres Kylie is ’n geskeide vrou, nie ’n onskuldige meisietjie nie. So die kaalbas casanova in haar buurvrou se huis behoort haar darem nie só baie te ontstig nie! Maar dan kom dit uit Justin is haar nuwe buurman. A nee a, sy’s veronderstel om ná haar egskeiding ’n mannehater...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: February 15, 2014

In ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word – so ook Melt Meiring, haar nuwe baas met die goue oë.
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die KwaZulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Met sterre in haar oë en romantiese drome in haar hart het Tinka van der Bijl drie jaar gelede na Parys vertrek. Nou is sy terug in Pretoria, ontnugter, sonder blyplek en met slegs die droom van haar eie boekwinkel om haar aan die gang te hou.  Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"Die liefde praat met baie stemme in ’n mens se hart, het Beamari eens op ’n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap te kan hoor. Partykeer praat die liefde met ’n fluisterstem en soms is dit soos die druising van ’n stormwind op see. Maar haar lewe is so besig dat sy...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Surita Kellerman het haar voorgeneem om alle mans uit haar lewe en uit haar hart te verban. Maar nou is haar emosies en hormone besig om woer-woer te speel met haar. Hoe kan sy op Hendro, haar swaer, verlief wees? Is dit bloot onbewustelike simpatie oor die groot tragedie wat sy lewe – en op ‘n...
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou....
by Marijke Greeff
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Nina O'Neill se troetelnaam is dalk Skoonlief, maar sy’s nie ’n meisie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy is 'n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens en het ses ouer broers. Na 'n voorval waar Nina op invloedryke mense se tone trap, kry sy opdrag om deel uit te maak van...
by Zoë Gouws
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Xante Knobel is ’n fotograaf wat dit haat dat mense na haar kyk. En sy sukkel regtig om die Kaapse mense te verstaan. Hulle is so ánders as die Namibiërs. Faan Viljoen is ’n argitek met ‘n passie vir bekostigbare behuising. Hy is ook die pa van ’n dogtertjie wat graag ‘n model wil word...
by Elsa Hamersma
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy...
by Elsa Hamersma
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2014

Emma Smith kom holderstebolder op Pelikaanbaai aan die Weskus aan, so te sê ’n vlugteling: van wat in Londen gebeur het met haar sogenaamde liefdesverhouding, én van haar oorbeskermende ouers, veral haar ma. Hier, op die ou vertroude vakansieplek, wil sy rus vind, haar lewe oordink, vrede kry....
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Toe die beeldskone Minette Faber se professor, Paul, haar vra om met hom te trou, slaan hy haar voete onder haar uit.  Ten spyte van waarskuwings van alle kante, gaan die troureëlings voort. Die uitnodigings is gepos, die troukoek bestel . . . en dan daag Pierre Hagen, Paul se seun, uit Londen op....
1 2 34 5 6
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy