Ons het jou lief, Lukas is ’n fiktiewe verhaal wat op ’n ware gesinsverhaal gebaseer is. Dit is Susan Westra se storie – Lukas se vrou wat die keuse gemaak het om haar man met sy bipolêre gemoedsversteuring en alkohol-afhanklikheid deur die oë van Jesus Christus te bly sien. Dit is die verhaal van Gabi – die tiener wat al self so baie verduur het en wat met die plaasmoord waarin haar beste vriendin, haar kêrel en hul ouers sterf, haar laaste bietjie onskuld verloor. Dit is die verhaal van Gabi se suster Tania, en Tania se verhouding met Louis Maree: die suiwerheid daarvan, maar ook die skade uit Tania verlede wat dreig om dit te kelder. Die verhale van die drie vroue van die Westra-gesin is vervleg met Lukas se verhaal van stryd, selfveragting, woede, genade en broosheid by God. Ons het jou lief, Lukas is ’n eerlike en inspirerende verhaal van geloof, geloofskeuses en volharding, ’n doring in die vlees-oorwinningsroman.