Is dit moontlik om elke konfliksituasie in jou huwelik te gebruik om nader aan mekaar te groei en mekaar liewer te hê? In HY WEN, SY WEN is die doelwit dat huweliksmaats se liefde vir mekaar elke dag sal groei. Die model wat hier voorgestel word, is een waar albei huweliksmaats wen. Willard F. Harley moedig almal aan om nooit iets te doen sonder die entoesiastiese instemming van albei huweliksmaats nie. Dit klink dalk onmoontlik, maar Harley verduidelik die kuns van onderhandeling binne die huwelik en verduidelik hoe huweliksmaats mekaar kan help wen deur mekaar se perspektiewe te verstaan. Die boek lê veral klem op die vyf hoofbronne van konflik tussen huweliksmaats: vriende en familie, werk en tydsbestuur, finansies, kinders en seks. HY WEN, SY WEN sal paartjies help om huwelikskonflik op die regte manier te hanteer.