Ettie Bierman Keur 10

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Ettie Bierman Keur 10 by Ettie Bierman, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Ettie Bierman ISBN: 9780624071785
Publisher: Tafelberg Publication: November 19, 2014
Imprint: Jasmyn Language: Afrikaans
Author: Ettie Bierman
ISBN: 9780624071785
Publisher: Tafelberg
Publication: November 19, 2014
Imprint: Jasmyn
Language: Afrikaans

In Die snip van Sesdorings kom ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aan om besit van haar erfenis te neem en begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas . . . En ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opsê het. En wat kon hy, ʼn arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis ʼn klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel – maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat ʼn rok dra te doen wil hê nie, sy ware kleure wys. In Rabbedoe en rissiepit is Nell al een-en-twintig jaar oud en as sy besluit sy wil motorwerktuigkundige word, moet haar ouers maar verlief neem. Nell se reis na haar nuwe werk is vol wederwaardighede, maar sy leer nie maklik nie. ʼn Rissiepit, sy, maar ook hardekop! Gedurende daardie veelbewoë rit ontmoet sy iemand wat ʼn groot rol in haar lewe sou speel, maar sake verloop volgens niemand se plan nie. Ryk, selfversekerde Dewald vind die nuwe aankomeling op Kuilvlei oënskynlik nie onweerstaanbaar nie, en sy hom ook nie. Daar is te veel dinge in die weg van ʼn romanse tussen hulle twee. Een struikelblok is Badie . . . Badie – jeugvriend, toegewyde ridder, sjarmante hofmaker. Nell weier om die lasterlike dinge wat van hom gesê word te glo. Daarvoor is haar vurige geaardheid te lojaal. As motorwerktuigkundige het sy ook nie juis tyd vir liefdesspeletjies nie. Maar die rabbedoe leer meer as werktuigkunde gedurende haar stormagtige leerlingskap. Ook van mense en van die liefde. In Die hart se tweede lente is ʼn gekletterde seekat, ʼn towenaar, twee Duitsers in ʼn koma, ʼn lang, groen, haarlose hond en ʼn twyfelagtige waarsegster maar enkele van die dinge waarmee Klara Verster op haar eerste oorsese vlug as lugwaardin te doen kry. Daarby help dit haar nie veel toe sy uitvind dat die man wie se sportmotor sy op pad lughawe toe gestamp het, haar kaptein op die vlug is nie. Adriaan Kirsten is egter net so oorbluf deur die blondine met die viooltjieblou oë wat net soos sy gewese verloofde lyk, wat hom so te sê voor die kansel laat staan het. ʼn Humoristiese liefdesverhaal wat sommer weer vonk in die lewe sit.

More books from Tafelberg

Cover of the book Hartklop Omnibus 2 by Ettie Bierman
Cover of the book Ena Murray Keur 7 by Ettie Bierman
Cover of the book Tou by Ettie Bierman
Cover of the book Paspoort na gevaar by Ettie Bierman
Cover of the book Speurhond Willem op reis by Ettie Bierman
Cover of the book Eat Smart for Sport by Ettie Bierman
Cover of the book Kronkelpad by Ettie Bierman
Cover of the book Die einde van die reënboog by Ettie Bierman
Cover of the book Sir David de Villiers Graaff by Ettie Bierman
Cover of the book Troukoors by Ettie Bierman
Cover of the book 'n Juffrou vir Skurwekop by Ettie Bierman
Cover of the book Schalkie van Wyk Keur 15 by Ettie Bierman
Cover of the book Keerkring van die hart by Ettie Bierman
Cover of the book Omdat jy jy is by Ettie Bierman
Cover of the book Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan by Ettie Bierman
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy