Ena Murray Keur 8

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Ena Murray Keur 8 by Ena Murray, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Ena Murray ISBN: 9780624074298
Publisher: Tafelberg Publication: December 6, 2015
Imprint: Jasmyn Language: Afrikaans
Author: Ena Murray
ISBN: 9780624074298
Publisher: Tafelberg
Publication: December 6, 2015
Imprint: Jasmyn
Language: Afrikaans

In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die hel. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? In Die droster van Doringbaai is die droster ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke vind plaas en ’n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman, vir hom bestuur word terwyl hy van ‘n hartaanval herstel. Maar dis nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag wanneer hy geheimsinnig verdwyn. Iets is gaande in die groot toring – maar wat? In Net ná middernag word daar een Saterdagnag, toe die kerkhorlosie sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, ’n moord gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die pastorietuin gevind. Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken – die gewilde dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale . . . Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die moordenaar – of is dit ’n dwaalspoor?

More books from Tafelberg

Cover of the book Paspoort na gevaar by Ena Murray
Cover of the book Balaclava Boy (school edition) by Ena Murray
Cover of the book Die dae van ons nietigheid by Ena Murray
Cover of the book Hoopvol by Ena Murray
Cover of the book Peaceful Revolution by Ena Murray
Cover of the book As liefde ontwaak by Ena Murray
Cover of the book My hartjie, my liefie by Ena Murray
Cover of the book Geliefde banneling by Ena Murray
Cover of the book Verworpe silwer by Ena Murray
Cover of the book Sonpad na Zanzibar by Ena Murray
Cover of the book Eensaam op Wegdraai by Ena Murray
Cover of the book Vurig op Flaminkevlei by Ena Murray
Cover of the book Hartstog op Hartenbos by Ena Murray
Cover of the book Rabbedoe en rissiepit by Ena Murray
Cover of the book Met ander woorde by Ena Murray
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy