Kamphoer

Fiction & Literature
Cover of the book Kamphoer by Francois Smith, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Francois Smith ISBN: 9780624065524
Publisher: Tafelberg Publication: August 8, 2014
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Francois Smith
ISBN: 9780624065524
Publisher: Tafelberg
Publication: August 8, 2014
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Dit is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het . . .? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

More books from Tafelberg

Cover of the book Sour Grapes by Francois Smith
Cover of the book Bitter bloeisels by Francois Smith
Cover of the book 'n Lang, vreemde pad by Francois Smith
Cover of the book Op die spoor van by Francois Smith
Cover of the book Ena Murray Keur 18 by Francois Smith
Cover of the book What every girl should know by Francois Smith
Cover of the book Die engel rook skelm by Francois Smith
Cover of the book Susanna M Lingua-keur 12 by Francois Smith
Cover of the book Get Up! Stand Up! by Francois Smith
Cover of the book Die tuiskoms lê ver by Francois Smith
Cover of the book Risk & reward by Francois Smith
Cover of the book Soekers na die son by Francois Smith
Cover of the book Heler van skade by Francois Smith
Cover of the book Tell Me Your Story by Francois Smith
Cover of the book Die snip van Sesdorings by Francois Smith
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy