Kersfees is ’n besondere tyd van die jaar vir Christene waartydens die menswording van Jesus herdenk word. Die versameling Skrifgedeeltes, aanhalings, seënwense en gebede in DIE HART VAN KERSFEES sal Christene help om verby die klatergoud van die wêreld te kyk en die dieper betekenis van Kersfees in gedagte te hou. Elk van die 16 onderafdelings bevat Skrifgedeeltes sowel as aanhalings van verskeie skrywers oor temas soos: die goeie nuus van Jesus se geboorte, die vrede en hoop wat dit vir gelowiges bring, en ons dankbaarheid teenoor God dat sy Seun aarde toe gekom het om vir ons verlossing te verseker. DIE HART VAN KERSFEES is ʼn boekie in swart en rooi en sal die belewing van die Kerstyd vir elke gelowige inniger en selfs kosbaarder maak.