Helena Hugo: 25 books

Book cover of Fontein vir ’n vlugteling

Fontein vir ’n vlugteling

Waar verandering nuwe liefde bring

by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: November 5, 2011

Fontein vir ’n vlugteling is die laaste boek in Helena Hugo se baie gewilde drieluik reeks oor die beeldskone Vita, wat die slagoffer word van haar skelm man, Robert. Robert vlug landuit om van sy dade te probeer wegkom en los sy mooi vrou in ’n penarie. Fontein vir vlugteling is ’n spannings-...
Book cover of Helena Hugo Eerste Keur
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2018

Aimee Harrison vlug na ’n kunstenaarsdorpie op die Franse platteland in Liefde is ’n Franse sprokie. Dit stoei in haar: Vlug sy na die plek van drome omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Dan word sy deur ’n wildvreemdeling gesoen en voor sy haar oë kan uitvee,...
Book cover of Want liefde maak lig
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: September 12, 2012

Sy voer ’n voortdurende stryd met haar liggaam en swak selfbeeld. Kan ’n nuutgevonde liefde haar leer om haarself te aanvaar soos Jesus elke mens liefhet en ons aanvaar? In Want liefde maak lig vertel die bekroonde skrywer, Helena Hugo, Isabelle Karsten se aangrypende verhaal. Isa is ’n aantreklike...
Book cover of Ter wille van Talita
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2014

Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, ’n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon. Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou...
Book cover of Satyn Omnibus 3
by Ettie Bierman, Alexa Slabbert, Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: October 30, 2013

In Ettie Bierman se ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word...
Book cover of Satyn Omnibus 2
by Helena Hugo, Ettie Bierman, Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding...
Book cover of ’n Venster vir die son

’n Venster vir die son

Waar liefde en lig woon

by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2010

Na die groot sukses van Dit gebeur met ander, Die pad na Weerbegin en Die kleur van verlange is daar nou ’n splinternuwe boek uit Helena Hugo se pen. Die aantreklike dr Tobie Barnard is leraar by ’n vooruitstrewende gemeente. Hy is ’n stil, sterk man met aansien in die gemeenskap. Sy vrou, Lucille,...
Book cover of Liefde vir elke dag (eBoek)

Liefde vir elke dag (eBoek)

365 Dagstukkies

by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: November 1, 2013

‘God is liefde.’ Hierdie Bybelvers is alombekend en alombemind, maar verstaan ons werklik wat dit beteken en wat die implikasies daarvan vir ons daaglikse lewe is? As ons begin besef hoe lief God ons het en wat dit beteken dat Hy in sy Wese liefde is, kan dit nie anders as om ons te begin verander...
Book cover of Die pad na Weerbegin

Die pad na Weerbegin

'n Verhaal van waarheid, bekering en verandering

by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2010

Haar hande bewe. Sy lig die knipsel op, maar lees dit nie. Dis die foto wat haar aandag gevange hou, die ooreenkoms, die feit dat Grant Dirk Massyn se ewebeeld is. Dis ’n paar weke voor Kersfees en Nadia Jonker is in die hospitaal, besig om te herstel ná ’n skietvoorval wat nie net haar eie lewe...
Book cover of Die kleur van verlange

Die kleur van verlange

'n Verhaal van onbaatsugtige liefde

by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2010

Wie sou twintig jaar gelede kon droom dat Patsy Kennedy se seun, Grant, ’n ereplek in die Massyns van Weerbegin se familiestamboom sal kry? Wie sou kon dink dat die koeël wat Nadia Jonker getref het ’n kettingreaksie sou veroorsaak wat welgestelde en bevooregte mense met nuwe oë sal laat kyk na...
Book cover of Dit gebeur met ander

Dit gebeur met ander

n Verhaal van liefde, vergifnis en oorwinning

by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2010

Op pad terug van die fliek beland Grant en Nadia in ’n taxi-oorlog – iets wat hulle nooit kon droom met hulle sou gebeur nie. Nadia word deur ’n dwaalkoeël getref en deur die botsing wat volg in die motor vasgepen. Haar lewe hang aan ’n draadjie en sy beland in die waakeenheid. Die moontlikheid...
Book cover of Romanse agter die skerms
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Colette kyk elke maand in haar gunsteling-tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In ‘n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie ‘n naweek saam met daardie maand se held op ‘n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so ‘n afpaar vir ‘n naweek...
Book cover of Liefde maak heel (eBook)
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: June 1, 2017

In LIEFDE MAAK HEEL, die laaste aflewering van Helena Hugo se trilogie oor Isa, leer Isa dat sy net bevry kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag en verstaan wat in sy Vaderhart gebeur toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Die begrip “vergifnis” word in die Bybelstudieklas...
Book cover of Marta
by Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2013

Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf ’n diploma in haarkappery en begin ’n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering...
12
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy