Ettie Bierman: 37 books

Book cover of Fluisterliefde
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"Die liefde praat met baie stemme in ’n mens se hart, het Beamari eens op ’n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap te kan hoor. Partykeer praat die liefde met ’n fluisterstem en soms is dit soos die druising van ’n stormwind op see. Maar haar lewe is so besig dat sy...
Book cover of Satyn Omnibus 6
by Ettie Bierman, Anita Du Preez, Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2017

In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder....
Book cover of Satyn Omnibus 7
by Ettie Bierman, Lizet Engelbrecht, Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2018

In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas hê nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter...
Book cover of Vlinder teen die ruit
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Surita Kellerman het haar voorgeneem om alle mans uit haar lewe en uit haar hart te verban. Maar nou is haar emosies en hormone besig om woer-woer te speel met haar. Hoe kan sy op Hendro, haar swaer, verlief wees? Is dit bloot onbewustelike simpatie oor die groot tragedie wat sy lewe – en op ‘n...
Book cover of Ver pad na Königsee
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

Die pragtige Ezette Nel met haar blink, swart hare en besonderse turkoois oë, is ’n Afrikaans-onderwyseres by ’n hoërskool. Hoewel die skool se druk buitemuurse program baie van haar tyd in beslag neem, het sy twee groot voorliefdes: sy is hartstogtelik lief vir diere en sy wil baie graag nog...
Book cover of Anderkant die volmaan
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou....
Book cover of Die tuiskoms lê ver
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

Toe Ila Verster op Nelspruit van die trein afklim, is dokter Johan Retief die eerste man wat sy ontmoet. Hy bied aan om haar swaar tas te dra, maar sy sê sy sal regkom, en op hierdie oomblik weet sy nie watter groot rol dokter Retief nog in haar lewe sal speel nie. Sy hoor iemand roep: “Daniela!”...
Book cover of Die hart se tweede lente
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

ʼn Gekletterde seekat, ʼn towenaar, twee Duitsers in ʼn koma, ʼn lang, groen, haarlose hond en ʼn twyfelagtige waarsegster is maar enkele van die dinge waarmee Klara Verster op haar eerste oorsese vlug as lugwaardin te doen kry. Daarby help dit haar nie veel toe sy uitvind dat die man wie se sportmotor...
Book cover of Satyn Omnibus 8
by Ettie Bierman, Anita Du Preez, Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: February 11, 2019

Nikka weet Ruan het haar steeds lief in Anderkant die volmaan. Tog wil hy nou van haar skei. Moet sy vir hom wag of eerder haar ou vriend Thys ’n tweede kans gee? In Bambi en die boef kan Bambi nie besluit by wie haar hart hoort nie: Louis, oor wie sy onsmaaklike dinge lees, óf die betroubare Bertus?...
1 2 3
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy