Die vyftien-jaar-oue Hannah Roberts onthou ’n tyd toe haar pa haar beste vriend was, ’n liefdevolle persoon met ’n sagte gesig en vrolike lag. Maar daardie herinnering is vaag, iewers vanuit haar vroeë kinderjare. Deesdae woon sy by haar skatryk, sieklike ouma net buite Cleveland, Ohio, en is haar lewe eensaam – in teenstelling met die herinneringe uit haar verlede. Dit is drie maande voor Kersfees toe Hannah met ’n skokkende waarheid gekonfronteer word. Die afsydige man wat sy al die jare as haar pa geken het, is nie regtig haar pa nie! Haar biologiese pa is Mike Connor, ’n helikoptervlieënier in die weermag. Plaaslike politici en die plaaslike koerant kom te hore van Hannah se soektog, en uiteindelik weet die hele staat van die wonderwerk waarop Hannah hoop: dat sy haar pa voor Kersfees sal opspoor. Maar Mike Connor bevind hom in ’n lewensgevaarlike situasie in Irak. Selfs met die hoop wat Hannah put uit ’n ou paar rooi handskoene, sal dit steeds ’n onvergeetlike wonderwerk verg om haar en haar pa weer bymekaar te bring.