Eersteling (eBoek)

Fiction & Literature, Religious, Contemporary Women
Cover of the book Eersteling (eBoek) by Elize Parker, Christian Art Distributors Pty Ltd
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Elize Parker ISBN: 9781415327098
Publisher: Christian Art Distributors Pty Ltd Publication: June 1, 2014
Imprint: Struik Christian Media Language: Afrikaans
Author: Elize Parker
ISBN: 9781415327098
Publisher: Christian Art Distributors Pty Ltd
Publication: June 1, 2014
Imprint: Struik Christian Media
Language: Afrikaans
Benita Coetzee, koffie- en geskenkwinkeleienaar van Hermanus en Sandra de Waal, bemarkingkonsultant van Johannesburg, se paadjies kruis een oggend vir ’n paar oomblikke in die noodeenheid van ’n hospitaal in Kaapstad. Daardie paar sekondes verander hul lewens onherkenbaar en sleur hulle mee op ’n pad van misleiding, geheime en leuens omdat Ruth Grootlieg, ’n verpleegster met ’n geestesiekte, ’n skynbaar onbeplande fout begaan. Twee ma’s, twee dogters,hul gesinne en geliefdes word hiermee gedompel in ’n bestaan waar hulle hulself telkens moet afvra: Wat sal jy prysgee om ’n leuen te leef? Benita kom voor verskeie geloofsvrae te staan en besef dat sy haar identiteit soek in dinge wat nie werklik belangrik is nie, en dat jou herkoms, verlede, skoonheid of status nie jou ware identiteit bepaal nie. Sy ervaar die hartverskeurende stryd van ’n ma wat haar kind dalk moet prysgee. Die besluite wat sy maak, word beïnvloed deur ’n persoonlike profesie oor ’n eersteling en die eerste deel wat prysgegee moet word. Dit bring haar tot ’n beslissende oomblik in haar lewe waar sy soos Paulus op die pad na Damaskus ’n draaipunt bereik. Haar wrakduiker-wederhelfte (ook ’n Seereddingsinstituutheld) se verdwyning ter see, haar finansiële stryd as ’n enkelma en sakevrou sowel as ’n nuwe kans op liefde met ’n ou familievriend lei haar op ’n selfontdekkingtog waartydens sy besef dis net wanneer jy jou identiteit in Christus vind dat jy jou ware self ontdek. Op hierdie tog maak sy kennis met oorgretige hospitaalportiere en slinkse taxibestuurders totdat ’n flambojante prokureur se speurvernuf haar ’n sleutel tot haar toekoms bied en haar help om die los drade van haar verlede te knoop.

More books from Christian Art Distributors Pty Ltd

Cover of the book Bible Promises for Your Every Need (eBook) by Elize Parker
Cover of the book Vriende van Jesus (eBoek) by Elize Parker
Cover of the book My Little Book of Prayers (eBook) by Elize Parker
Cover of the book LIRA (eBook) by Elize Parker
Cover of the book Called by Christ (eBook) by Elize Parker
Cover of the book My Best Friend (eBook) by Elize Parker
Cover of the book Ontmoet God elke oggend (eBoek) by Elize Parker
Cover of the book Eiland van toevlug by Elize Parker
Cover of the book My ABC Bible Storybook (eBook) by Elize Parker
Cover of the book 101 dagstukke vir laerskolers (eBoek) by Elize Parker
Cover of the book Bybelstudie vir omgeegroepe by Elize Parker
Cover of the book ’n Tyd om lief te hê by Elize Parker
Cover of the book Verstaan die krag van jou denke by Elize Parker
Cover of the book Wings like Eagles (eBook) by Elize Parker
Cover of the book GodMoments for You (eBook) by Elize Parker
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy