In Dink reg, leef met vertroue, die heel eerste geskenkboek-reeks van sy soort in Afrikaans, het topverkoperskrywer Joyce Meyer ’n inspirerende boodskap: ‘God het ’n groter plan met jou lewe as wat jy ooit kan dink.’ Joyce is die skrywer van meer as 70 inspirerende boeke en in hierdie geskenkboek bespreek sy hoe ’n positiewe gesindheid en vertroue in God jou kan lei na ’n lewe van hoop. Sy moedig lesers aan om elke dag positief te wees, ongeag van hul omstandighede. Deur die Een te ken wat weet wat die toekoms vir ons inhou kan ons elke negatiewe ding in ’n positiewe glimlag omskep. God is getrou en het ’n plan met elke een van ons se lewe. Dink reg, leef met vertroue is verdeel in ses afdelings: • Die krag van positiewe denke • Die stryd teen denke • ’n Hart wat hinder • Die krag van ’n nuwe hart • Die krag van ’n positiewe hart • Neem God se gesindheid aan Die lewe kan vol negatiewe dinge wees, maar Dink reg, leef met vertroue sal lesers aanmoedig om positief te leef. Dit sal hul leer om God se gesindheid aan te neem. Wanneer ons leer om positief op God en al sy beloftes te fokus, sal ons enige hindernis kan oorkom!