Die kleur van verlange

'n Verhaal van onbaatsugtige liefde

Fiction & Literature, Religious
Cover of the book Die kleur van verlange by Helena Hugo, Christian Art Distributors Pty Ltd
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Helena Hugo ISBN: 9781415311103
Publisher: Christian Art Distributors Pty Ltd Publication: December 15, 2010
Imprint: Struik Christian Media Language: Afrikaans
Author: Helena Hugo
ISBN: 9781415311103
Publisher: Christian Art Distributors Pty Ltd
Publication: December 15, 2010
Imprint: Struik Christian Media
Language: Afrikaans
Wie sou twintig jaar gelede kon droom dat Patsy Kennedy se seun, Grant, ’n ereplek in die Massyns van Weerbegin se familiestamboom sal kry? Wie sou kon dink dat die koeël wat Nadia Jonker getref het ’n kettingreaksie sou veroorsaak wat welgestelde en bevooregte mense met nuwe oë sal laat kyk na die armoede en ellende van hul medemense? Grant Kennedy was sy lewe lank onder die indruk dat sy pa oorlede is, maar hier sit hy nou langs sy ouma Dollie, op pad na sy pa se familieplaas, Weerbegin. Hy het nie eens geweet van die bestaan van die Massyns nie, wat nog te sê dat hulle familie is! Boonop is hulle vooraanstaande lede van die gemeenskap en nou word daar van hom verwag om in sy pa se voetspore te volg. Om sy pa te ontmoet, is wonderlik, maar Grant sal moet besluit wat hy wil hê – Londen of Weerbegin, ’n Yamaha-handelaar of ’n perdeplaas, Nadia of Stephanie. Skielik lyk die toekoms nie so eenvoudig nie. Op haar beurt bekommer sy ma, Patsy, haar ook oor die toekoms. Dirk is haar groot liefde en sy smag daarna om hom terug te hê in haar lewe, maar is dit hoegenaamd moontlik? Grant en Patsy is nie die enigstes wat met verlange in hul harte rondloop nie – daar is ook Oudokter, die een wat ander se wonde heel maak, maar sy eie nie gesond kan kry nie. Al wat hy ken, is die blou pad van hartseer en eensaamheid. Hy wag al twintig jaar vir die liefde van sy lewe, soveel jaar om die verlange van sy hart te stil. Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk. Lesers sal hulle verdiep in die verhaal van liefde en medelye wat uit haat en selfsug gebore word. Waar gaan dit eindig en waar het dit alles begin?

More books from Christian Art Distributors Pty Ltd

Cover of the book Seasons of the heart by Helena Hugo
Cover of the book GodMoments for Women (eBook) by Helena Hugo
Cover of the book Soos saad op die wind by Helena Hugo
Cover of the book In God's Embrace by Helena Hugo
Cover of the book Lloyd Cele by Helena Hugo
Cover of the book 88 kwelvrae wat gelowiges pla (eBoek) by Helena Hugo
Cover of the book Raindrops from Heaven (eBook) by Helena Hugo
Cover of the book A Pocket Book of Prayers for Busy People (eBook) by Helena Hugo
Cover of the book Words of Jesus for Girls (eBook) by Helena Hugo
Cover of the book In die ligkring van Sy teenwoordigheid (eBoek) by Helena Hugo
Cover of the book Versterk jou man, versterk jou huwelik (eBoek) by Helena Hugo
Cover of the book A Pocket Book of Prayers for Teens (eBook) by Helena Hugo
Cover of the book Die naakte feite (eBoek) by Helena Hugo
Cover of the book Die krag van onstuitbare geloof (eBoek) by Helena Hugo
Cover of the book The Big Story Bible (eBook) by Helena Hugo
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy