Satyn imprint: 71 books

by Ettie Bierman, Marijke Greeff, Zoë Gouws
Language: Afrikaans
Release Date: September 26, 2014

’n Reënboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite...
by Ettie Bierman, Alexa Slabbert, Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: October 30, 2013

In Ettie Bierman se ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word...
by Helena Hugo, Ettie Bierman, Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding...
by Marijke Greeff
Language: Afrikaans
Release Date: October 15, 2011

In Marijke Greeff se Een keer in ’n leeftyd lê Alexandra se wêreld aan skerwe. Ure nadat sy met Neil getroud is, beland hulle in ’n ongeluk en verloor hy sy sig. Om die lewe vir haar nog moeiliker te maak, verskyn Maria, ’n beeldskone ouer en ervare vrou, op die toneel en probeer haar bes...
by Ettie Bierman, Marijke Greeff, Wilmarí Jooste
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2015

In Bruid uit die koue wou Jurg die mooie Clio Gericke soveel kere in sy arms neem en haar parmantige mond stil soen. Maar Clio met haar goue hare en viooltjieblou oë was vir hom verbode. Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ʼn man vat nie sy broer se goed nie. Nou, elf jaar later, het Clio teruggekom...
by Ettie Bierman, Anita Du Preez, Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2017

In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder....
by Ettie Bierman, Lizet Engelbrecht, Anita Du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2018

In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas hê nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter...
by Ettie Bierman, Anita Du Preez, Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: February 11, 2019

Nikka weet Ruan het haar steeds lief in Anderkant die volmaan. Tog wil hy nou van haar skei. Moet sy vir hom wag of eerder haar ou vriend Thys ’n tweede kans gee? In Bambi en die boef kan Bambi nie besluit by wie haar hart hoort nie: Louis, oor wie sy onsmaaklike dinge lees, óf die betroubare Bertus?...
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar...
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: March 22, 2015

Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling...
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2016

Letitia le Roux vererg haar bloedig toe sy sien hoe Chris Swart, die nuwe lektor by die kollege waar sy werk, een van haar studente se pogings as ’n voorbeeld van swak ontwerp aan sy klas voorhou. Die arrogante vent moet hom by sy digitale vakke bepaal en die tradisionele dissiplines soos skilder...
by Susan Pienaar
Language: Afrikaans
Release Date: June 5, 2013

Karli en Henk was aanvanklik beste maats toe sy by hom ’n kamer gehuur het. Maar skielik het hy stringe meisies begin huis toe bring, en boonop het hy en Karli stry gekry omdat hy rojaal leef en Karli gewoond is aan versigtig wees. Sy het uitgetrek en self ’n aanhangsel gekry, maar die naweek...
by Madelie Human
Language: Afrikaans
Release Date: July 7, 2014

Dís nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy’t dan so mooi gevra: Net ’n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy’t nié gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir ’n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om...
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Margot Lombard is ʼn “koue vis”, of so het sy al self begin glo. Nadat sy haar M.A. in Musikologie voltooi het, gaan hou sy vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar graad cum laude verwerf...
12 3 4 5 6
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy