Al is huweliksmaats lief vir mekaar, sukkel hulle dikwels om ware huweliksgeluk te ervaar. In 21 MANIERE OM JOU HUWELIK TE VERWOES gee Ewald en Beatrix van Rensburg vir lesers raad oor hoe om die slaggate in hulle huwelik betyds raak te sien. Hulle gee ook effektiewe teenvoeters en huweliksresepte om weer die vonk terug te kry. Die boek fokus op alledaagse kwessies soos: - “Jy is die swakste luisteraar wat ek ken!” - “Jy is net soos jou familie!” - “Jy is tog so onromanties.” - “Jy sê nooit jy is jammer nie.” 21 MANIERE OM JOU HUWELIK TE VERWOES is bedoel vir huweliksmaats wat nie bereid is om tou op te gooi nie, maar aan hulle huwelik wil werk. Dit is nie net ’n leesboek nie, maar ’n lééfboek!