Author: | Annico van Vuuren | ISBN: | 1230001185560 |
Publisher: | Annico van Vuuren | Publication: | June 18, 2016 |
Imprint: | Language: | Afrikaans |
Author: | Annico van Vuuren |
ISBN: | 1230001185560 |
Publisher: | Annico van Vuuren |
Publication: | June 18, 2016 |
Imprint: | |
Language: | Afrikaans |
PROESELTJIES STORIELEKKERTE 11 (Voorheen: OMNIBUS 11) is nóg ‘n hoogspanningstreffer uit ANNICO VAN VUUREN se pen, wat veral leunstoelspeurders onmoontlik gaan vind om neer te sit. Hier is vier verhale wat die hare op een of ander manier (moord en selfs die bonatuurlike) laat rys. Drie van die verhale is nog nooit in enige eBoek ingesluit nie – die ou lange: BLOU MOORD - wel. Ietsie oor die verhale:
‘N MAN MET HONDE-Oë: Donna is oorweldig, behep – tot tere liefde genoop – om Johannes – die man met die honde-oë te leer ken: Hy is dan so teer, so onseker – so getróú aan sy vrou, Lauri, ten spyte van die iets wat tussen húlle onkeerbaar al groter begin troon. Lauri wat ‘n aaklige vroumens is, sy kan nie help om haar te haat nie. En toe verongeluk Lauri en die pad is vir haar oop na Johannes toe… Of is dit? Hoe kan Johannes dink sy het iets met Lauri se dood te doen – al het sy ook amper… En die iets wat tussen haar en haar honde-oë man staan bly groei… Sy is darem seker veilig – of is sy nie?
IETS VAN PA AF: Die vrou stuur ‘n vreemde briefie: Nooi haar vir die naweek. Pa is oorlede, maar daar is iets van hom af wat sy moet kom haal. Ma probeer keer, probeer waarsku, maar sy voel sy moet gaan. Dis al donker toe sy daar aankom, met die vrou nie daar nie – en verskrikking slaan op haar toe. Gaan sy die nag oorleef, met veerligte aanrakings teen haar wang, iets swart al om haar voete, duisterhede wat op die lug tril en donkerte wat dreig om haar in te sluk: Iets van Pa af?
TIEKIE ‘N LEWE: ‘n Muntversameling. Met ‘n onkoopbare tiekie maar een van die waardevolle munte wat deel van die versameling is. ‘n Inbraak – die tiekie gesteel en ‘n wag wat doodgeskiet word. En vrae? Hy wil Les Ras so graag help om die saak op te los…
BLOU MOORD: “Dis moord hierdie, Lica – deur iemand sonder gewete gepleeg. Dis goed dat jy skrik. Grendel jou venster – sluit jou deur. Drink net uit toe bottels. Eet net waarvan almal eet. Jy is bý met meneer Dreyer se dood. Jy sien; jy hoor – hý weet nie wat jy dalk alles kan aflei nie…” Dis hierdie woorde van Les Ras, oud-skoolvriend van Lica, en nou ‘n vernuftige speurder wat haar met ‘n skok laat besef dat, wat ‘n gesellige reünie moes wees, in ‘n nagmerrie ontaard het.Vir hierdie groep ou skoolmaats, wat mekaar na meer as vyf en twintig jaar weer ontmoet, het die jeug en onskuld verdwyn. Dit moes plek maak vir die middeljare en verandering – uiterlik, maar veral innerlik. Op een ná is die sesmanskap van weleer ook voltallig, en een van hulle, oud-hoofseun Frans, neem die openingsrede waar. Maar dan sak hy skielik inmekaar – sianiedvergiftiging. Het hy dramaties selfmoord gepleeg of is dit moord? Voordat Les nog kan begin soek na leidrade, sterf ‘n tweede slagoffer – hierdie keer is dit onteenseglik: moord. Wie gaan die derde slagoffer wees? Lica, wat intussen nie kan help om in haar gisters te delf en te verdwaal nie, probeer saam met Les na oplossings soek. Maar een aand langs die rivier moet sy besef sy weet lankal te veel na die moordenaar se smaak, en…
Met PROESELTJIES STORIELEKKERTE 11 slaag Annico van Vuuren weer daarin om haar hoofkarakters te laat lééf, en om die spanningslyn end-uit styf te span. Ook om die leunstoelspeurders wat die ding reg kan uitwerk, selfvoldaan te laat terugsit.
Vir elke storieliefhebber net ‘n MOET!