PROESELTJIES STORIELEKKERTE 10 (Voorheen Omnibus 10)

Bloed skree, drié een twee; Groen Blaar; Alle Sterre brand nie; Blou Ballon

Kids, Fiction, Action/Adventure, Teen, Fantasy and Magic
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 10 (Voorheen Omnibus 10) by Annico van Vuuren, Annico van Vuuren
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Annico van Vuuren ISBN: 1230001185539
Publisher: Annico van Vuuren Publication: June 18, 2016
Imprint: Language: Afrikaans
Author: Annico van Vuuren
ISBN: 1230001185539
Publisher: Annico van Vuuren
Publication: June 18, 2016
Imprint:
Language: Afrikaans

PROESELTJIES STORIELEKKERTE 10 (voorheen: OMNIBUS 10) is nóg ‘n spannende en roerende treffer deur Annico van Vuuren wat net nie misgeloop moet word nie. Die aanbieding is daarop ingestel om elke leser van 4 tot 104 vreugde te verskaf.

Twee van die verhale is ‘n vollengte jeugroman met twee kortes as ‘n toegif: Totale woordtelling: 78,700 met 285 bls om te geniet.

Die eerste verhaal: BLOED SKREE: DRIé EEN TWEE

Hoewel Miri, Tee en Ehin mekaar in ‘n koshuis raakloop, is hierdie nie rêrig ‘n skool- of koshuisverhaal nie. Dis húlle – al drie het reeds die donker kant van die lewe ervaar – se soeke na ‘n eie identiteit: EN NA MEKAAR. Want hulle is ‘n drieling met twee wat voor hulle derde verjaarsdag ontvoer is. Ehin is die soeker, sy hele bestaan draai om sy pogings om die verlore twee te vind. Miri is die vegter, maar een groot vrees oorskadu haar hele menswees. Tee is onmagtig om enige situasie te hanteer...

Dan is die bose oom Sam daar: Gaan hy daarin slaag om groot geld uit nóg ‘n ontvoering te maak – want slaan die weerlig dan nie dikwels ‘n tweede keer op dieselfde plek nie? Kan Oups, amper negentig, hulle beskerm?

Hoogspanning, intrige, hartroerende emosie…

Die tweede verhaal: GROEN BLAAR

Ons held is een van ons ou wêreld se weggooijongelinge. ‘n Paar uur in sy lewe waar hy deur die Wind rondgepluk word in sy soeke na Son. En die wonder daarvan dat elkeen van ons, wat ook al ons omstandighede, uit die Wind kan opklim Son toe.

Die derde verhaal: ALLE STERRE BRAND NIE

Is ‘n wetenskapfiksie-verhaal – vér in die toekoms:

Ons held, Yon (16) en heldin, Jalti (15) (hulle is beide grotendeels op hulself aangewese – ‘n eensame bestaan vol  onsekerheid.

Yon se ouers is dood. Dis sy ma se broer, oom Heindu van Mars wat – al ken hy oom Heindu nie regtig nie – vir hom voog staan.

Oom Heinu is een van die waaghalse wat op ‘n jong ouderdom die destydse onherbergsame Mars in sy eenmansmodule aandurf. Hy maak vir hom om verskeie redes groot naam: Hy is die man wat die eerste variasie van WM (Wonder Mutant) – ‘n middel wat haas enigiets genees (maar in sy onbewerkte vorm ook ‘n dwelm is) in Sol se sonnestelsel vind. Dit maak die deur vir die VBI oop om die mensdom by die Interstellêre netwerk te betrek wat WM aan ander wêrelde verskaf. Daar word oral in Sol se stelsel na ander neerslae van WM gesoek, maar dusver kom dit net op Mars voor.

Oom Heindu is ook die man om die Bloukoppe te bevriend. Die Bloukoppe meng gewoonlik met g’n niemand nie. Dis alles vir Yon ‘n riem onder die hart: As oom Heindu hom tog net Mars toe sou nooi – Mars die rooi ster aan die aarde se hemel wat nie brand nie...

Toe, tot almal se verbystering skryf die Bloukoppe ‘n uitdaging uit: aan alle seuns van 16. Die wenner sou ‘n jaar by hulle op Mars gaan deurbring. En al weet Yon, hy staan geen kans nie, word hy tog gekies!

Jalti se skokkende dag laat haar haar op ‘n vragtuig Mars toe bevind – na haar pa toe. Maar haar pa het verdwyn…

Beleef saam met Yon en Jalti al hulle wedervaring op Mars: Hulle word deur rowers bedreig, en ook deur die molekulêre lewe op Mars en daar is Rux en die ander Bloukoppe en… en…

Geniet! 

En die vierde: BLOU BALLON

Ons kleuterheld, tot die dood toe siek, moet om sy lewe veg. En die enigste skietgoed wat hy het, is sy onthou van alles wat mooi en lekker is op die plaas by Oupa en Ouma. Kan dit hom deur die donker dal trek?

Moenie hierdie vier treffers misloop nie!

More books from Annico van Vuuren

Cover of the book Gedoriewaar by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 2 (Voorheen: OMNIBUS 2) by Annico van Vuuren
Cover of the book MAMBA MOORD by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 7 (Voorheen Omnibus 7) by Annico van Vuuren
Cover of the book BOETIEBOSSIE by Annico van Vuuren
Cover of the book SEKELSON by Annico van Vuuren
Cover of the book EERGISTER en OORMôRE by Annico van Vuuren
Cover of the book Alle Sterre Brand nie by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 9 (Voorheen: Omnibue 9) by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 1 (Voorheen: OMNIBUS 1) by Annico van Vuuren
Cover of the book OES DIE STOF by Annico van Vuuren
Cover of the book BOEF met VLERKIES by Annico van Vuuren
Cover of the book PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8 (Voorheen Omnibus 8) by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOED SKREE: DRIé EEN TWEE by Annico van Vuuren
Cover of the book BLOU MOORD by Annico van Vuuren
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy