In sy revolusionêre benadering om egpare te help om hul vernietigende kommunikasiepatrone te verander, onthul dr Emmerson die een geheim tot jou maat se taal: onvoorwaardelike respek vir hom het soveel krag as wat onvoorwaardelike liefde vir haar het. Hy bou verder op hierdie insig met deurbraak-tegnieke vir kommunikasie gekenmerk deur liefde en respek. Hierdie boek wys jou watter wonderlike dinge in jou huwelik kan gebeur deur eenvoudig jou woorkeuse te verander en te leer om jou maat se taal te praat. Soos wat jul wedersydse begrip groei, sal julle meer doeltreffend praat en luister, en veral met meer liefde en respek vir mekaar. Dit maak nie saak waarmee julle sukkel nie, of dit nou kritiek, konflik, seks, geld of ouerskap is – om met liefde en respek te leer kommunikeer kan julle help om die soort verhouding te bou wat deur God geseën word.