Gerugte van reën

Fiction & Literature
Cover of the book Gerugte van reën by André P. Brink, Human & Rousseau
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: André P. Brink ISBN: 9780798167369
Publisher: Human & Rousseau Publication: September 26, 2014
Imprint: Human & Rousseau Language: Afrikaans
Author: André P. Brink
ISBN: 9780798167369
Publisher: Human & Rousseau
Publication: September 26, 2014
Imprint: Human & Rousseau
Language: Afrikaans

Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die apartheidsregering onder embargo geplaas. Vir baie bly dit steeds een van André P. Brink se grootste romans. In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, wat ’n naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word. Met ’n netwerk van kruisverwysings word die vier dae van die roman voorgestel in terme van ’n viervoudige verlies, naamlik sy beste vriend (’n leidende Afrikaanse advokaat pas veroordeel as terroris), sy pa wie se historiese sintuig vir Martin onbegryplik bly, sy seun wat ná die Angolese oorlog “moeilik” geword het, en sy minnares wat hom voor ’n onmoontlike keuse stel. In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit, word ’n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en ’n breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige vraag: “Wat is ’n Afrikaner?” Ten slotte bly Martin alleen oor, gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy onvermoë om lief te hê – hetsy vader of moeder of land, eggenote, broer of seun, vriende of ander vroue. In Suid-Afrika is die Engelse uitgawe van Gerugte van reën bekroon met die CNA-prys en in Brittanje is dit tweede geplaas deur die beoordelaars van die Bookerprys. Dit is in verskeie tale vertaal.

More books from Human & Rousseau

Cover of the book Bushveld, Desert and Dogs by André P. Brink
Cover of the book Gruispad na Tóg Wat by André P. Brink
Cover of the book Onsigbaar by André P. Brink
Cover of the book Die Bolander by André P. Brink
Cover of the book Ultimate, Pregnancy, Birth and Parenting Guide by André P. Brink
Cover of the book Sister Lilian’s Pregnancy & Birth Companion by André P. Brink
Cover of the book Bidsprinkaan by André P. Brink
Cover of the book Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) by André P. Brink
Cover of the book Christine le Roux Omnibus 5 by André P. Brink
Cover of the book Dieper water by André P. Brink
Cover of the book Die afreis van Abel Lotz by André P. Brink
Cover of the book 'n Oomblik in die wind by André P. Brink
Cover of the book Geskenk uit die hemel by André P. Brink
Cover of the book Die erfgename van La Provence by André P. Brink
Cover of the book Die glasappel by André P. Brink
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy