Human Rousseau imprint: 198 books

by Chris Karsten
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012) Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ’n obskure intelligensieafdeling,...
by Nataniël
Language: Afrikaans
Release Date: September 17, 2016

Nataniël is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in ​Nicky & Lou, ​en sy jongste blitsverkoper ​150 stories, ​is die verhale in ​Zip! spitsvondig en...
by Ingrid Winterbach
Language: Afrikaans
Release Date: August 18, 2015

’n Buitengewone avontuur – iets verrrassends en nuut in Winterbach se oeuvre. – Thys Human Die middag kry Niek ’n poskaart in sy posbus. Dis ’n afbeelding van El Greco se skildery van Vincenzo Anastagi. Die boodskap agterop lui: Enige ekstra eksemplare van Vlakwater? V.S. V.S., nè?! Dit...
by Linette Retief
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Linette Retief, bekroonde advertensie kopieskrywer, steek haar trots in haar sak en betree die wêreld van skuldberading. Sy maak ook nadere kennis met twee-minuut noedels ... ’n Aksie-avontuur waar Linette as enkelma-verbruiker haar vrou moet staan teen verbruikerslandmyne. Dié verhaal van hoe...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: November 20, 2013

Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n Karnallie van ’n fout. Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2015

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands – dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie...
by Irma Venter
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

Haar pa het buite gaan asemskep toe hy haar gesien het. Die boonste laag van die pan was gevries ná die vorige nag. Dit het onder sy voete gekraak en fyn spinnerakke gemaak soos hy geloop het. Versigtig al nader aan die rooi fiets en die vrou wat op haar sy, halflyf – presies halflyf – in die...
by Chris Karsten
Language: Afrikaans
Release Date: October 1, 2015

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: November 6, 2017

Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, “narcissist, psycho, real arsehole”, is besig met sy gewone onheilighede....
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2016

Ek sal elke dag ʼn poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPD. En dan begin hy. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade, net ʼn reeks naakfoto’s,...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: November 7, 2014

“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.” “Hallo, Bennie,” sê die twee en dertig stemme in ’n blymoedige koor. “Ek het gisteraand ’n bottel Jack Daniel’s uitgesuip en my vrou geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag sonder drank. Ek is hier...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2015

Deon Meyer se Bottervisse in die jêm was só gewild dat dit keer op keer herdruk is. Hier is dié lekkerleesverhale nou in ’n splinternuwe, hersiene gedaante. Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit boonop vyf verhale in wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder meer die titelverhaal...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: October 8, 2018

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste...
by Deon Meyer
Language: Afrikaans
Release Date: July 19, 2016

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes –...
12 3 4 5 6 7 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy