Ena Murray Keur 13

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Ena Murray Keur 13 by Ena Murray, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Ena Murray ISBN: 9780624082125
Publisher: Tafelberg Publication: April 6, 2017
Imprint: Jasmyn Language: Afrikaans
Author: Ena Murray
ISBN: 9780624082125
Publisher: Tafelberg
Publication: April 6, 2017
Imprint: Jasmyn
Language: Afrikaans

In Merk van die skarabee word Marcelle Wiid, jong Suid-Afrikaanse lugwaardin, in Kaïro deur ’n fanatiese kultusgroep ontvoer. Haar verloofde, Deon Rabie, en haar suster, Elmarie, volg haar spoor. Maar telkens word hulle gestuit deur die vreemde skarabeeteken. En keer op keer duik die geheimsinnige Hoessein Abd-el-Rahman ongevraag op om hulle uit nog ’n penarie te red. Haar hart hunker na hierdie enigmatiese Oosterling, maar haar verstand waarsku haar. Daar is net te veel teenstrydighede . . . Wanneer Elmarie ontvoer word en ook in die kloue van die skarabeekultusgroep beland, verdiep die raaisels. Waar pas Hoessein in by Hatsjepsoet en haar minnaar Nektanebo? En waarom soek almal die goedkoop skarabeehangertjie wat Marcelle vir haar suster by ’n straatstalletjie gekoop het? In Hartklop van Hawaii voel Kara Malherbe vandat die vliegtuig op die lughawe van Honolulu land asof sy ’n rol in ’n onbekende drama speel – die draaiboek ken sy nie, nog minder haar mede-akteurs of haar eie rol. Waar pas die Hawaiise magnaat Rupert Sinclair – Kamehameha oftewel “koning” vir die Polinesiërs – en die FBI-speurder Peter Conway in hierdie drama? Vrilette Karl, Amerikaanse miljoenêrsdogter, het spoorloos van Rupert se landgoed af verdwyn. En nou bevind Kara en haar medewenners van die skoonheidswedstryd hulle teen wil en dank op dieselfde plek van onheil. Wanneer Molly en Daphne ontvoer word, beland Kara in ’n doolhof van vertwyfeling en wanhoop waarin sy net dieper verdwaal raak. Enersyds roep haar hart na Kamehameha; andersyds vorm alle leidrade ’n reguit pyl na Rupert Sinclair. En in Vlug van die albatros stem Nadia Durandt in om haar broer, Rudy, te help bou aan ’n nuwe toekoms as ingenieur ná jare van ongelukkigheid. Die geheimsinnige Kurt Gerlach, Rudy se nuwe baas, het die voorwaarde gestel dat Rudy getroud moet wees, en as “man en vrou” vertrek hulle saam na die Maledive-eilande naby Indië om aan ’n bouprojek te werk. In die vreemde wag die verleidelike Aja en haar soel-aantreklike broer Amir op hulle – om te help met die projek, maar ook om die liefdesgod voltyds besig te hou. Gou vier jaloesie en frustrasie hoogty en begin ontstellende dinge gebeur.

More books from Tafelberg

Cover of the book Elza Rademeyer Omnibus 1 by Ena Murray
Cover of the book Ena Murray Keur 1 by Ena Murray
Cover of the book Susanna M Lingua Gunstelinge 3 by Ena Murray
Cover of the book Wag-'n-bietjiebos van die liefde by Ena Murray
Cover of the book The Long Way Home by Ena Murray
Cover of the book Voorskrif vir die hart by Ena Murray
Cover of the book Op die spoor van by Ena Murray
Cover of the book Ena Murray Keur 9 by Ena Murray
Cover of the book Rugby in our blood by Ena Murray
Cover of the book Veldpad van verlange by Ena Murray
Cover of the book Altyd die verkeerde man by Ena Murray
Cover of the book Letitia en die lektor by Ena Murray
Cover of the book Tik by Ena Murray
Cover of the book Dogtective William and the pirates by Ena Murray
Cover of the book 'n Bruid vir Graaf Debussy by Ena Murray
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy